Die koninklike paleis het op Facebook die geboorte van Gabriella Thérèse Marie en Jacques Honoré Rainier aangekondig. Gabriella is twee minute voor haar broer in die Prinses Grace-hospitaal gebore.
“Dit gaan goed met die prinses en die kinders.” Jacques is die amptelike troonopvolger vir sy pa terwyl sy suster as die gravin van Carladès bekend sal staan.
Charlene (36) is in Zimbabwe gebore maar het in Suid-Afrika grootgeword en was ’n Olimpiese swemmer vir die land. Sy en haar 56-jarige man is in Julie 2011 getroud.
Albert het twee kinders uit vorige verhoudings, sy dogter Jazmin en seun Alexandre. Albei is buite die eg gebore en mag daarom nie die troon bestyg nie
Veels geluk!!!!!!!
Beteken dit nou dat Charlene haar paspoort gaan terugkry? Baie geluk in elkgeval
Ons Kaapse vierling is groter nuus vir my.
Maartmaand hardloop die hormone in die hoogste versnelling lyk dit mos vir my.
Kosie – lentekoors in Europa! Ek hoop die twee babas bring hul baie geluk en dat Albert homself nou gaan begin inhou.
Jip, net soos jy daar sê. So lyk my die Europese lywe ontdooi eers in die lente, Elfie.
Walg my vir die man … weet nie hoe sy nog kinders ook by hom kon hê nie … sy moes gehol het toe sy die geleentheid gehad het … Sy ou verbitterde ou suster Caroline maak boon-op nog haar lewe hel ook. Wie wil so leef?
Lilian – die liefde is blind ; ). Ek gun haar geluk, soos ek sê hoop ek hy begin homself nou gedra. Ons weet nie hoe hy dalk teenoor haar is tuis nie, regte laventelhaan dalk en het sekerlik haar voete onder haar uitgeslaan! Sy kon sekerlik kies en keur, sy is pragtig en ‘n baie aangename persoon, so sy het hom dalk baie lief. Laat ons hoop dit werk goed uit op di eou einde.