Prinses Charlene sterk aan ná operasie in SA

Prinses Charlene en Prins Albert II van Monaco op 24 September verlede jaar op die Planetary Health-galageleentheid in Monte Carlo, Monaco. (Foto: Eric Gaillard/Pool/AFP)

Prinses Charlene van Monaco het Vrydag ʼn operasie in Suid-Afrika, haar vaderland, ondergaan, het amptelike woordvoerders Vrydag gesê, terwyl daar toenemend gegis word oor haar afwesigheid in die prinsdom asook die toestand van haar huwelik.

Charlene is al maande lank in Suid-Afrika, met mediaberigte wat daarop dui dat sy na ʼn huis soek.

Luidens ʼn verklaring deur die kantoor van haar man, prins Albert II, sal hy en haar kinders by haar aansluit terwyl sy hier in Suid-Afrika aansterk. Die verklaring het gesê Vrydag se operasie het vier uur geduur en onder algehele narkose plaasgevind, maar het geen verdere besonderhede oor prinses Charlene se operasie verskaf nie.

South China Morning Post berig egter dit is bekend dat dit oor, neus en keel-verwant is en die prinses sukkel reeds sedert Meimaand met die gesondheidsprobleem.

Leefstyltydskrifte regoor Europa het die afgelope paar weke koorsagtig bespiegel dat dié koninklike huwelik op die rotse mag wees.

Charlene Wittstock, ʼn voormalige Olimpiese swemmer, is in 2011 met Albert getroud. Hul seun, Jacques, is die aanspraakmaker op die troon van die 700 jaar oue huis van Grimaldi.

Albert is die seun van prins Rainier III en Grace Kelly, ʼn Amerikaanse rolprentster, wat in 1982 in ʼn motorongeluk gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Winnie ·

Nou toe nou. Van eerste wêreld land om in derde wêreld land te kom vir operasie. Slang in die gras

JanSt ·

Sy het ‘n infeksie gekry HIER, dis hoekom die operasie gedoen is. As sy byvoorbeeld ‘n oordrom operasie moes ondergaan, sal sy vir ten minste 6 maande nie kan vlieg nie.

Annelize ·

Winnie, die enigste slang in die gras is die Media-slang wat sensasie soek.

Charlene was in SA in Mei maand op ‘n bewusmakingsveldtog tov Renosterstropery toe sy hier siek word en toe ‘n operasie moes ondergaan. Ek praat onder korreksie, maar ek dink Vrydag se operasie was die 2de opvolgoperasie, wat beteken dat vlieg heeltemal uit is vir haar. Om per see terug te gaan Monaco toe, is ook nie ‘n opsie nie, weens talle gevare hier om Afrika op die see.

Misky ·

Ek dink die punt wat Winnie maak is dat dit opmerklik was om te lees sy het die operasie in SA ondergaan het. Ek ook dadelik daaraan gedink, want ons eie ministers het min vertroue in ons eie dokters en “vlug” altyd land uit vir die geringste dingetjie.

Hoop jy herstel vinnig Prinses Charlene

JM ·

” Hulle sê, laat hulle sê.” – Phil Bosmans.
Mense, hou tog op gis en skinder. Dit is prinses Charlene se privaatsake.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.