Prinses Diana se motor verkoop vir R1 miljoen

(Foto: Reeman Dansie/Instagram en prinses Diana-foto deur Kensington-paleis)

ʼn Ford Escort wat in ʼn stadium aan Diana, prinses van Wallis behoort het, is Dinsdag aan ʼn Suid-Amerikaanse museum verkoop vir meer as £50 000.

Prins Charles het in Mei 1981 die silwerkleurige 1.6L Ghia vir Lady Diana Spencer gekoop as ʼn verlowingsgeskenk, twee maande voor hul sprokiestroue by die St Paul’s-katedraal.

Die motor, wat in 1982 op ʼn veiling aan ʼn antiekehandelaar vir £6 000 verkoop is, is nou tydens ʼn telefoniese bod vir £52 640 (net meer as R1 miljoen) verkoop.

Lewis Rabett van Reeman Dansie-afslaers in Colchester, in die suidooste van Engeland, het gesê die suksesvolle koper is ʼn museum in Suid-Amerika en motor sal nou daarheen verskeep word.

“Daar was groot belangstelling voor die veiling. Die feit dat dit motor in Suid-Amerika opeindig is ʼn bewys van die vlak van internasionale belang in die motor,” het hy bygevoeg.

Die motor het steeds sy oorspronklike Britse nommerplaat WEV 297W, verfwerk en bekleedsel en het al 133 575 km afgelê.

Die verwagting was dat die motor vir tussen £30 000 en £40 000 sou verkoop.

Diana is in Augustus 1997 in die ouderdom van 36 oorlede tydens ʼn hoëspoedjaagtog in Parys, Frankryk toe sy van paparazzi-fotograwe op motorfietse wou vlug.

Haar seuns, prinse William en Harry, sal Donderdag ʼn nuwe standbeeld onthul by haar voormalige tuiste by Kensington-paleis. Sy sou Donderdag haar 60ste verjaarsdag gevier het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wielspore ·

Dit is eintlik jammer dat ‘n stukkie Britse gekiedenis sy tuiste in Amerika gaan vind, aan die ander kant is hierdie net ‘n motor.

DIABLO ·

Pragtige mens gewees, maar dit betaal ek nie vir enige Ford nie. Wonder of Camilla ook n Ford gekry het as verlowing geskenk:-)

Windhond ·

Hel, – ou Charlie kon ten minste n Aston vir Di gekoop het, hy het seker nog n afslag by Ford gekry vir die karretjie

Patrick ·

Ek voel hart seer wanner ek sien Diana. Ek dink sy moet hart seer wees met Harry en alles die probleme. Liefte van Kanada almal.

piet ·

Sal interessant wees om te weet of iemand in besit is van die wrak waarin sy verongeluk het.

SjN ·

Ten minste het Charles goeie smaak en van betroubare rygoed gebruik gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.