Prinses Eugenie verwelkom haar bondeltjie liefde

Prinses Eugenie en Jack Brooksbank op hulle troudag in Oktober 2018. (Foto: ANA)

Engeland se prins Andrew het Dinsdag ʼn oupa geword toe sy jongste dogter, prinses Eugenie, se babaseuntjie gebore is. Dit is die negende agterkleinkind van koningin Elizabeth II, het Buckingham-paleis gesê.

Eugenie (30) se babatjie is net voor 0900 GMT gebore en haar man, Jack Brooksbank, was by haar by die privaat Portland-hospitaal in sentraal-Londen.

“Die koningin, die hertog van Edinburgh, die hertog van York en Sarah, die hertogin van York en mnr. en mev. George Brooksbank is in kennis gestel en is verheug oor die nuus,” het die paleis bygevoeg.

Andrew is die hertog van York en Sarah is sy eksvrou.

“Dit gaan goed met haar Koninklike Hoogheid en die kind.”

Prinses Eugenie en Jack Brooksbank is in 2018 tydens ʼn glansgeleentheid by Windsor-kasteel in die eg verbind. Haar ouer sussie Beatrice, wat verlede jaar met ʼn Italiaanse sakeman getrou het, is onderskeidelik 10de en 9de in die ry van opvolgers tot die Britse troon.

Eugenie het ʼn foto van haar en haar seuntjie se hande op haar Instagram-rekening gedeel. Sy het nie enigiets by die foto geskryf nie, maar slegs drie blou hartjies saam met die foto gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charles ·

Geluk aan die ouers, simpatie aan die Britse belastingbetaler..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.