Prof meen ontkenners van klimaatsverandering moet tronk toe

Prof. Torcello

Prof. Torcello

‘n Hoogleraar verbonde aan die Rochester Institute of Technology in die VSA meen dat Amerikaners wat ontken dat die klimaat grootliks deur die mens se toedoen verander, en doelbewus ‘n veldtog voer daarteen, tronk toe gestuur moet word.

Prof. Lawrence Torcello argumenteer in ‘n artikel op die akademiese webtuiste, The Conversation, dat die ontkenners weens kriminele nalatigheid aanspreeklik is, soortgelyk as die Italiaanse wetenskaplikes wat tronkstraf opgelê is omdat hulle versuim het om op die gevare van ‘n groot aardbewing in ‘n aardbewingsone te wys.

Hy meen wetenskaplikes is oorweldigend eensgesind dat die klimaat aan die verander is en dat die mens ‘n groot rol daarin speel.

Torcello, ‘n filosoof, argumenteer wetenskaplikes het nie net ‘n verantwoordelikheid om hul bevindings wat vir die publiek van belang is so duidelik as moontlik te kommunikeer nie, maar ook ‘n verantwoordelikheid om disinformasie wat versprei word, aktief te weerlê.

Hy het ook sy mes in vir diegene wat die ontkennings finansier, want hy meen dat so iets die publiek kan beïnvloed om nie met die nodige sorg op klimaatsverandering te reageer nie, wat katastrofale gevolge kan inhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.