ʼn Vooraanstaande prokureur van Suid-Carolina in die VSA is in die kop geskiet enkele maande nadat sy vrou en seun vermoor is.
Alex Murdaugh (53), wat reeds diep spore getrap het as staatsaanklaer in dié deelstaat, was besig om die wiel van sy motor langs ʼn pad op die platteland te ruil, toe ʼn vragmotor verby hom ry. “Die bestuurder het die vragmotor omgedraai, weer verby Murdaugh gery en iemand in die vragmotor het ʼn skoot op hom afgevuur. Die skoot het hom in die kop getref,” het Jim Griffin, Murdaugh se prokureur aan The New York Times gesê.
Murdaugh het wonderbaarlik oorleef en is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem, waar hy die voorval aan sy broer beskryf het.
Die voorval kom drie maande nadat Murdaugh by die huis gekom het en sy vrou Maggie en 22-jarige seun, Paul, dood aangetref het. Albei is geskiet. Die gesin het op ʼn landgoed in Islandton gewoon.
Niemand is nog vir dié moorde in hegtenis geneem nie en owerhede het onlangs gesê hulle het nog geen verdagtes geïdentifiseer nie.
Gerugte doen die rondte dat Murdaugh geteiken word weens sy en sy familie se lang geskiedenis as wetstoepassers. Voor hom het sy pa en oupa ook as staatsaanklaers gewerk.
Die familie het in ʼn verklaring gesê hulle is diep geskok oor die gebeure van die afgelope maande. “Ons het meer deurgemaak as wat enige ander familie hom kan voorstel. Ons verwag wel dat Alex ten volle sal herstel,” lui die verklaring.
Klink soos SA.
As mens begin ondersoek instel, kom jy agter alle lande het groot probleme met moord en pogings tot moord. Gemiddeld 7 mense word per dag in Kanada vermoor. Vir so ‘n progessiewe, eerstewereld land is dit baie. (Net bietjie “useless info” vir ‘n Maandagoggend.)
Vancouver het ook die meeste heroin slawe in die wêreld. Die moorde is hoofsaaklik dwelm verwant.
Volgens die artikel word die familie, veral die die seun wat vermoor is verdink van ‘n paar mense se dood wat as verdag beskou word en as’ n ongeluk uitgemaak is en toegesmeer word…
Sommige misdadigers wat gestraf word met jare in die tronk, het lang geheues en is onsportief met vele wraakgedagtes en sal na uitdien van die tronkstraf, vergelding soek. Veral as vervolging gedoen is deur lede van een familie , soos in hierdie geval.