Prys van olie byna $100 per vaatjie

Brent ru-olie se prys die afgelope maand (22 Februarie 2022) (Grafika: TradingEconomics.com)

Oliepryse het Dinsdag tot ongeveer $100 per vaatjie gestyg terwyl Rusland voorbereidings tref om troepe na twee wegbreek-streke in Oekraïne te stuur en Westerse lande gereedmaak vir ekonomiese sanksies teen Moskou.

Brent Noordsee-ru-olie het $99,50 per vaatjie gehaal, die hoogste vlak in sewe jaar. Dit het teen omstreeks 1330 GMT teruggeval na net minder as $98 – steeds 2,4% hoër as Maandag se vlakke.

“Die krisis tussen Rusland en Oekraïne laat kommer ontstaan oor die ontwrigting in voorraad wat moontlik sal volg as sanksies teen Rusland toegepas word,” sê Victoria Scholar, hoof van beleggings by Interactive Investor. Rusland is die wêreld se tweede grootste olie-uitvoerder en die wêreld se topvervaardiger van natuurlike gas.

“Wat ook al volgende gebeur, een ding is duidelik: energiepryse sal waarskynlik nie vinnig weer daal nie,” sê ThinkMarkets-analis Fawad Razaqzada. “Verbruikers se inkomstes is reeds onder druk weens stygende inflasie. As olie- en ander energiepryse bly styg, sal dit ekonomiese herstel bemoeilik.”

Klik hier om die oliepryse op TradingEconomics.com te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

annie ·

En dis die kruks van die VSA se speletjie… Om Rusland die boef te maak; alles om die pot olie en die soete deodorant in Putin se badkamer met die goue bad en diamant-versierde spieëls. Hier sal die Biden-atoombom nie werk nie want dan is alles vir duisende jare onbruikbaar. Ag ja! Die lewe is so wreed…

Dirk Mostert ·

Snaaks dat daar nie al jare sanksies teen die VSA was oor hul onwelkome militere betrokkenheid in Irak en Sirie nie. Terwyl oliepryse styg wil Green Direction en ander groen groepe nie toelaat dat S.A. se eie olie en gasvelde opgespoor en ontwikkel word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.