QAnon-pa het kinders glo vermoor oor ‘slang-DNS’

Argieffoto van ʼn QAnon-betoging in Los Angeles (22 Augustus 2020) (Foto: Kyle Grillot/AFP)

ʼn Amerikaanse pa wat daarvan beskuldig word dat hy sy twee kinders met ʼn spiesgeweer doodgemaak het, voer aan hy is “verlig” deur QAnon en ander samesweringsteorieë en dat hy die wêreld van “monsters” red wat slang-DNS het, aldus ʼn federale klag.

Matthew Taylor Coleman (40) het aan owerhede in Kalifornië gesê hy het geweet wat hy doen is verkeerd, maar “dit was dit enigste stappe om die wêreld te red”.

Coleman is Woensdag aangekla dat hy sy kinders, onderskeidelik tien maande en twee jaar oud, na Mexiko geneem het en hulle daar doodgemaak het voor hy na die VSA teruggekeer het waar hy in hegtenis geneem is.

Die kinders se ma het op 7 Augustus alarm gemaak toe Coleman hulle uit die huis geneem het. Hy het gesê hy gaan met hulle kamp, maar wou nie vir haar sê waarheen hy hulle neem nie. Hy het ook nie op oproepe of teksboodskappe reageer nie. Hy het ook nie ʼn karstoeltjie in sy motor gehad nie.

Die polisie het hom ʼn dag later opgespoor deur die Find My Phone-app op iPhone wat sy laaste ligging in Rosarito, Mexiko, aangedui het.

Toe hy die volgende dag na die VSA teruggekeer het, is hy op die grens deur die FBI in aanhouding geneem. Coleman het bely dat hy sy kinders met ʼn spiesgeweer geskiet het en hulle liggame in Mexiko gelos het. Mexikaanse owerhede het later op hul liggame afgekom.

Hy het gesê hy was oortuig dat sy kinders monsters sou word en hy moes hulle doodmaak. Hy het aan agente gesê QAnon en Illuminati-samesweringsteorieë het hom verlig en hy ontvang visies en tekens dat sy vrou slang-DNS het en dit na sy kinders oorgedra het.

Hy was oortuig hy “red die wêreld van monsters”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Blomme ·

Sit hom in ń inrigting en vergeet hom daar. Hy is ń slang wat ń gevaar is vir sy eie bestaan.

Hasie ·

Die man se denke is op soek…. Dit net bietjie te erg om sulke nonsense te glo .Het die mens geen verstand om logies te dink nie ?

Elize ·

Dis presies wat hierdie kultus bewegings aan mense doen en hulle word so slaags nagevolg en gebreinspoel dat hulle ‘n gevaar vir die samelewing word.

Phillip ·

Hy het teveel Alekonda gekyk en verbeel hulle is alekonda

Charl ·

Daardie arme weerlose, onskuldige kindertjies, dit breek my hart.

Wat op dees Aarde ·

Qanon moet vir hierdie breinspoelling verantwoording doen. Het mos nou al op sosiale media gesien watter twak hulle kwytraak en almal volg hulle net blindelings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.