R. Kelly amptelik aangekla

R. Kelly Vrydagaand kort voor hy in hegtenis geneem is. Foto: Victor Hilitski/Chicago Sun-Times via AP

Die Amerikaanse R&B-sanger R. Kelly oor wie se kop daar al vir langer as ʼn dekade bewerings van seksuele wangedrag hang, word nou amptelik vervolg.

Kelly sal tereg staan op tien aanklagte van seksuele misbruik waarby minstens vier slagoffers, tussen 13 en 17 jaar oud, betrek word. Kelly is Vrydag na die Chicago-polisiestasie geneem en het nie op verslaggewers se vrae gereageer terwyl hy by die polisiestasie ingestap het nie.

Kelly is in hegtenis geneem en sal na verwagting Saterdag in die hof verskyn.

Steve Greenberg, Kelly se regsverteenwoordiger, het aan verslaggewers gesê een van die klagte hou glo verband met ʼn kinderpornografie-saak van meer as ʼn dekade gelede. Kelly is destyds onskuldig bevind op dié aanklag.

Kelly is onlangs in ’n dokumentêr reeks van seksuele aanranding beskuldig. In die dokumentêr Surviving R. Kelly word daar onder meer onderhoude met voormalige vriende en kollegas gevoer. Daar word bewerings gemaak dat Kelly deur sy loopbaan minderjarige meisies en vroue mishandel het.

Die sanger en liedjieskrywer is bekend vir sy treffer “I Believe I Can Fly” en het ook trefferliedjies vir sangers soos Celine Dion, Michael Jackson en Lady Gaga geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Swartwolf ·

Die hele hip hop industrie is verrot en deurtrek van als wat onheilig is. Dit sluit die sogenaamde “kunstenaars” in waarvan wie eintlik bitter min regtig kan sing. RK is ongelukkig net een van baie in daai industrie. Hoop hy hoor daai staaldeur klap agter hom.

Eddy ·

RKelly was bekend daarvoor dat hy vreemde verhoudings met jong swart dames gehad het,meesal n seksueele uitbuiting. Aliyah was een van hulle.Dis jammer sy is in 2002 al oorlede anders kon sy getuig het.RKelly moet maar verantwoording doen vir sy dade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.