R143 miljoen vir seldsame Ferrari

Die 1964 Ferrari 250 LM wat vir R143 miljoen op 'n veiling verkoop is

Die 1964 Ferrari 250 LM wat vir R143 miljoen op ‘n veiling verkoop is

ʼn Ferrari 250 LM-resiesmotor, wat nou 50 jaar oud is en die inspirasie was vir een van die wêreld se bekendste speelgoedkarretjies, is vir $14.3 miljoen (sowat R143 miljoen) op ʼn veiling verkoop.

Daar is slegs 32 van dié motors ooit gebou en min mense het die kans gehad om die werklike motor, wat in 1963 vir die eerste keer geskou is, te sien.

Meer as 1.6 miljoen van die speelgoed-weergawe is verkoop.

ʼn Versamelaar van Japan het die Ferrari in 1983 aangeskaf en die voertuig slegs uitgestal voordat hy dit by die Sotheby’s-veiling in New York verkoop het. Die motor het nog maar slegs 16 000 km afgelê.

Die koper se besonderhede is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.