R40 miljoen vir ete saam met Warren Buffet

Warren Buffet. Foto: Twitter

Wat is ʼn middagete saam met die miljardêr-sakemagnaat Warren Buffet werd? Volgens ʼn anonieme bieër, meer as $3 miljoen.

Reuters berig ʼn anonieme bieër het Vrydag $3 300 100 (ongeveer R41 miljoen) opgedok om ʼn private middagete saam met Buffett (87), uitvoerende hoof van Berkshire Hathaway Inc., te geniet.

Volgens die nuusagentskap kom dié bod aan die einde van ʼn vyf dag lange aanlynveiling op eBay ten bate van die Glide-stigting, ʼn liefdadigheidsorganisasie in San Francisco wat mense help wat arm of haweloos is, of wat sukkel met verslawing.

Volgens Financial Times is dit die derde hoogste bod wat nog behaal is sedert Buffet begin het om jaarliks ʼn middagete saam met hom vir dié veiling aan te bied. Die rekordprys wat al betaal is vir dié voorreg is $3 456 789, albei op veilings in 2012 en 2016.

Buffet word geag as een van die suksesvolste sakebeleggers van alle tye. Berkshire Hathaway besit meer as 60 maatskappye insluitend Geico, Duracell en die kettingsrestaurant Dairy Queen. Buffet is bekend daarvoor dat hy die grootste deel van sy fortuin aan liefdadigheid skenk. Na raming het hy tot dusver byna $32 miljard aan liefdadigheidsorganisasies gegee.

CNBC berig daar is vanjaar meer as $26 miljoen (R330 miljoen) vir Glide deur die aanlyn-veiling ingesamel.

Die wenner van die bod kan nou vir dié stewige prys sewe vriende nooi om saam met Buffet en sy vrou middagete by Smith & Wollensky in New York te geniet. Buffet is bereid om tydens die geselligheid oor enigiets te gesels, behalwe waarin hy volgende gaan belê.

Dit is nie duidelik of Buffet vir die restaurantrekening sal pa staan nie….

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lollie ·

Oningeligde kommentaar, jy verkies duidelik eerder die Kardashians… arghhh

LOLLAPOT ·

Wêreldse mense interesseer my hoegenaamd nie, en mense met hope wêreldse skatte het weinig iets belangrik te sê oor die dinge wat regtig saak maak.

Peet Schabort ·

Amper het ek gedink dis ‘n buffetete saam met Buffet maar toe lees ek dis ‘n middagete. Ek dink ek sal maar hou by ‘n boere-ete.

marous ·

Dis niks ….dit was baie duurder om saam met die Guptas tee te drink.

Cherokee ·

Ek was genooi vir ‘n ete in 20 00 saam met Kadar Asmal wat ek nie aanvaar het. ‘n Persoonlike (Joodse) professor-vriend het my genooi om saam met Asmal (aan dieselfde tafel) te eet en ek het sy uitnodiging nie aanvaar deur (onthou ons was vriende – Leslie het verhuis) dit duidelik te maak die ANC is my vyand en ek heul nie met hulle. Hy het dit goed bedoel – ek het dit in dieselfde goeie tipe bui afgekeur. R.I.P Les.

zoom zoom ·

Cherokee. Ons is nou in 2018 en jy was al genooi vir ‘n ete in 20 000. Dit is nie iets soos Spur wat eintlik Spar moet lees?

Cherokee ·

zoom zoom..!! Jy is die aaklige gewone jouself op jou beste alweer! Hehe..jy maak seker ek onthou die Spur/Spar :-) Nope, hierdie keer is my datums reg :-)))

Johann cb ·

Absoluut belaglik! Dink hy nou werklik dat hy só belangrik is? Arrogant om die minste te sê…

Monique Joubert ·

Dis vir liefdadigheid, so ek dink glad nie hys arrogant nie…. dit gaan vir minder bevoorregte mense…. well done dat hy even bereid is om dit te doen….. jealous much?

Cherokee ·

Nee Monica, dit is absoluut alles behalwe jaloesie, maar soos Johann sê, arrogansie! Jy klink soos ‘n aanhanger. Moet dit asseblief nie met ‘n kredietkaart doen nie!

Oom Kalahari ·

Ek sal maar hou by lewenslange boere vuurtjie en braai.

Gerhard ·

Ek kan sekerlik negatiewe opmerkings oor Buffet maak, maar nie in die geval nie. Ek hoop mense kan insien dat dit gaan oor liefdadigheid en die hoogste bieër bepaal die bedrag wat betaal word. Baie welaf mense neem deel bloot as ‘n manier om geld te skenk. Daar is niks negatief hier om oor te kla nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.