R46 miljoen vir onopgemaakte bed

Tracey Emin se "My Bed". Foto: Christie's Auction House

Tracey Emin se “My Bed”. Foto: Christie’s Auction House

‘n Onopgemaakte bed het vir $4,3 miljoen (R46,9 miljoen) verkoop tydens ‘n kunsveiling by Christie’s in Londen.

Die Britse kunstenaar Tracey Emin (50) se omstrede “My Bed” is in 1999 vir die gesogte Turner-prys benoem. Die kunsuitstalling is van Emin se onopgemaakte bed met onder meer bottels vodka, sigaretpakkies en kondome wat langs die bed lê.

Volgens berigte is Emin se kunswerk ‘gebore’ nadat sy in 1998 vier dae in die bed spandeer het na ‘n liefdesteleurstelling. Toe sy uiteindelik uit die bed geklim het, het sy omgedraai en daarna gestaar en besluit om dit in kuns te omskep.

Christie’s het nie bekend gemaak wie die kunswerk gekoop het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kosie ·

Vier dae in ‘n bed spandeer na ‘n liefdesteleurstelling met (gebruikte?) kondome wat langs die bed lê!
Dit is nou ‘n liefdesteleurstelling. Sy kan seker nie wag vir die volgende een nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.