R6,58 miljard opgraderings by Buckingham-paleis

Buckingham-paleis (Foto: osvathpeter, Pixabay)

Buckingham-paleis (Foto: osvathpeter, Pixabay)

Buckingham-paleis benodig dringende instandhoudingswerk met belastingbetalers se geld indien die koningin steeds daar wil bly.

Queen Elizabeth II se huis in Londen het dringende instandhoudingswerk nodig vir loodgieterswerk, elektriese kabels en verhitting wat nog nie sedert die Tweede Wêreldoorlog opgegradeer is nie.

Die instandhouding sal £369 miljoen (ongeveer R6,58 miljard) oor 10 jaar beloop en dit word as noodsaaklike beskou om die gebou te beveilig teen brand- en vloedskade.

Paleisbeamptes het erken dat dit ʼn groot bedrag geld is, maar hoop dat die publiek die uitgawe sal aanvaar vir ʼn ikoniese gebou wat as ʼn simbool dien vir die nasie.

“Ons aanvaar die verantwoordelikheid en beskou die ontvangs van die belastingbetalersgeld in ʼn baie ernstige lig,” het Tony Johnstone-Burt, hoof van die koningin se huishouding, gesê. “Ons is ook terselfdertyd oortuig dat hierdie belegging nou in Buckingham-paleis later ʼn duurder en moontlik katastrofiese ineenstorting kan voorkom.”

Die noodsaaklikste werk sal in April 2017 begin.

Die paleis sal ten volle operasioneel bly tydens die opgraderings.

Meer as 15 miljoen toeriste besoek jaarliks Buckingham-paleis en byna 100 000 word as gaste ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Buitestander ·

Die britte kan dit bekostig en aangesien dit van die 2 de wêreld oorlog nie opgedateer is nie, is dit sekerlik geregverdig.
Sterkte met dit.
Nie soos ons wat an dit koste moet uitvind nie,

Alida ·

As die paleis in SA was sou dit al 10 keer herbou moes word. Die VK is n 1ste wereld land en weet om historiese gedenkwaardighede op te pas. Die paleis verdien dit na al die jare.

Peet Schabort ·

Hier by ons word historiese geboue só verwaarloos dat dit uiteindelik bykans onherstelbaar word. Die Anglikaanse kerkie in Rustenburg is ‘n totale ruïne en die Voortrekkermonument by Winburg is ook al jare gesluit. Daar is nog gedenkwaardighede waar die eienaars geen ondersteuning kry van die regering, so byvoorbeeld is daar een naby Heidelberg, Gauteng. Munisipale museums het ook ‘n nagmerrie geword waar daar nou politieke uitstallings is.
Tog sal ons een van die dae ‘n Hani-museum hê. Totale rassisme as jy my vra.

Lance ·

Die groot verskil is hier word die gelde net gevat met die hoop dat niemand sal uitvind en dan word daar openlik gelieg dat n swembad in fire pool is en ander ministers word gevra om videos te maak en saam te lieg ….wat n joke ! Die Britte is oop en se vooraf wat gaan gebeur en kry kwotasies …genade daar is n baie groot verskil !

Sarie ·

Daar is twee maniere waarop so-iets gedoen kan word. ‘n Regte & ‘n verkeerde manier. Die Britte doen dit op dir règte manier & ek twyfel of dit enige tweespalt sal veroorsaaak…

Jan ·

Met ‘n 10 jaarprojek gaan Koning Charles die vrugte pluk van die eindproduk. Hoewel, die koningin het op 90 nog heelwat woema oor..

Frederiks ·

Moet ook nie ons koning Zuma weggooi nie. Op 74 is hy nog vol woema.

Vivian ·

Soveel mense gaan honger. Maar altyd geld on die Elite te help. En die mense wat die kwotasies gee help hulself seker.

Leendert ·

Ek glo dat dit 1,000 x oor en oor die moeite werd is, dit gee onberekenbare blootstelling aan Engeland, bring vir die land inkomste in wat tot almal daar se voordeel is, direk of indirek. ‘n Bate met die koningsgesin van onskatbare waarde, waar hulle ook al optree, as bemarkers en ‘n toonbeeld van die produk van Engeland. Kan jy jouself indink as daardie ryk Engelse geskiedenis wat ‘n enorme invloed op die wêreld gehad het, ook hul ander kastele nie bewaar moet word nie.

Leendert ·

Kan ek byvoeg, God save the queen, en die koningshuis vir die volgende geslagte.

Waarheid ·

Afrikaanse geskiedenis moet leer om vir homself te sorg. ‘N Boerpot skema soos die Nasionale lotto … Met die verskil dat alle opbrengs in bewaring en ontwikkeling van Afrikaans en sy toekoms en geskiedenis aangewend word. Wie nié waag sal nooit wen.

JV ·

Dit is ‘n uitstekende voorstel. Probleem is, dit moet uitgevoer word.
Een kommentator het op die Praag-webwerf geskryf dat Afrikaans ‘n nismark is. So waar.
Benut dit dus!

sarie van heerden ·

Ons maak die fout om in Rande te dink en die Britte betaal in Sterling. Dink in die geldeenheid van die betrokke oorseese land. Vergelyk daardie Britse bedrag met Zimbabwe se geldeenheid en jy kry miljarde der miljarde van dit wat hul nou gebruik. Die paleis is ‘n instelling wat baie jare ‘n inkomste bied vir sommige van sy onderhoud. Ek gun hul dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.