R680 000 vir telegram aan Hitler

Die telegram wat aan Hitler gestuur is (Foto: Alexander Historical Auctions)

Die telegram wat aan Hitler gestuur is (Foto: Alexander Historical Auctions)

ʼn Telegram wat Hitler glo oorgehaal het om selfmoord te pleeg, is verlede week tydens ʼn veiling verkoop.

Die Washington Post berig die boodskap van Hermann Goering, ʼn assistent wat ywerig was om self aan bewind te wees, het Hitler bereik terwyl die geallieerde magte sy Berlynse bunker omsingel het. Hitler het die boodskap as ʼn poging tot ʼn staatsgreep beskou.

Die Amerikaanse kaptein Benjamin Bradin het ʼn maand ná Hitler se afsterwe ʼn handvol papiere uit die bunker gehaal en dit na Suid-Carolina in die VSA geneem waar dit jare lank in ʼn bank se kluis gestoor is. Bradin se seun het later in sy tesis oor die dokument geskryf.

Alexander Historical Auctions het die dokument Dinsdag vir $55 000 (meer as R680 000) aan ʼn anonieme koper verkoop.

Lees meer: Washington Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek sal ook graag ‘n paar sulke telegramme wou uitstuur maar is bevrees met die poskantoor se gereelde stakings sal dit eers by die bestemmings uitkom nadat hulle (vir wie dit bedoel is) ‘n natuurlike dood gesterf het.

Ben ·

Nou praat jy. Ek het Vrydag 20 stukke pos gekry, van Mei tot nou. Pateties.

jeannine ·

het verlede jaar na my terminale sieke vriendin in SA ‘n pos pakket gestuur op 1 september 2014 die pakket vanuit belgie is in januarie2015 ontvang deur haar dogter ondertussen was my vriendin oorlede ten gevolg van haar siekte.siestog suid Afrika wat is van die land geword.
ek het die pos daar gevra wat is aan die hand kry na 3Maande antwoord op my e mail in engelse taal met spel foute met moeite kan ik dit lees hulle was in strike doe so verder mense die land gaan na die afgrond

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.