R89 miljoen boete ná gru-tuimeltreinongeluk

Slagoffers en hulle families voor die hofverrigtinge (Foto: Mirror)

Slagoffers en hulle families voor die hofverrigtinge (Foto: Mirror)

Die eienaar van die Alton Towers-tuimeltrein in Brittanje is Dinsdag ʼn boete van sowat R89 miljoen opgelê nadat regter Michael Chambers bevind het dat die gru-ongeluk waarin 16 mense beseer is en bene van twee meisies geamputeer moes word, deur die operateur voorkom kon word. Die ongeluk in die Staffordshire-pretpark het in Junie verlede jaar plaasgevind.

Die tuimeltrein in die pretpark is in 2013 deur die maatskappy Merlin Attractions Operations geopen en het sowat R320 miljoen gekos om te voltooi. Dié tuimeltrein is glo die grootste van sy soort ter wêreld.

Ondersoekbeamptes het Dinsdag in die hof verskeie bewysstukke ingedien wat daarop dui dat talle veiligheidsflaters tot die voorval gelei het.

Altesaam 16 mense is beseer waarvan twee meisies, Leah Washington (18) en Vicky Balch (20), elk ʼn been verloor het nadat die tuimeltrein in ʼn stilstaande wipwa, met minstens 14 sitplekke, teen 140 km/h op die baan gebots het. Die operateur het boonop ook nie die tuimeltrein gestop nie ondanks sterk rukwinde die betrokke dag.

Vicky Balch wie se been geamputeer is (Foto: Mirror)

Vicky Balch wie se been geamputeer is (Foto: Mirror)

Die slagoffers moes vir vier uur in die lug hang omdat ʼn platform eers gebou moes word om by hulle uit te kom. Die eerste noodoproep na die ambulansdiens en polisie is ook eers ʼn halfuur ná die ongeluk gemaak.

Chambers het gesê dié swaar boete word die eienaar van die pretpark opgelê aangesien duisende ander mense ook ernstige beserings kon opgedoen het, of selfs gesterf het.

Hy het verder gesê die ongeluk was die gevolg van pure nalatigheid en het dit beskryf as ʼn “katastrofiese mislukking” van veiligheid deur Merlin Attractions.

ʼn Prokureur wat die slagoffers verteenwoordig het ná die verhoor aan The Mirror gesê dié geld sal nooit die slagoffers se ledemate, en selfs sielkundige letsels, kan vervang of genees nie.

Merlin Attractions se uitvoerende hoof, Nick Varney, het in ʼn verklaring wat hy ná die hofverrigtinge voorgelees het gesê hy neem verantwoordelikheid en vra om verskoning dat die park mense in die steek gelaat het met dié verskriklike ongeluk.

“Die maatskappy aanvaar sedert die ongeluk volle verantwoordelikheid vir die gru-voorval en vra vandag weer opreg verskoning vir die vernietigende gevolge wat dit op mense se lewens het. Ons probeer die genesingsproses so maklik as moontlik maak en glo die vergoeding kom die slagoffers toe.”

Niemand is nog afgedank ná die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hanna ·

Nee, die slagoffers kan nie die vergoeding toekom nie! Die vergoeding kom die slagoffers toe! Is dit werklik wat die ou van die maatskappy gesê het, of is dit so verkeerd vertaal?

Cherokee ·

Hanna, dit is nogal debatteerbaar wanneer ek aan die sin in albei vorms dink, miskien kan albei vorms gebruik word, maar wat beslis is, is dat een boete verminder moet word in die heel eerste sin.

Sune van Heerden ·

Dagsê Hanna

Dankie dat jy ons op dié flater gewys het, die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.