Raad besluit oor Trump se lot op FB

(Foto: Douliery/AFP)

Facebook se onafhanklike toesigraad het Woensdag besluit om nie in dié stadium die platform se verbod op die voormalige Amerikaanse president Donald Trump op te hef nie.

Die toesigraad het hom wel daartoe verbind om die straf binne ses maande weer te hersien.

Trump is vroeër vanjaar onbepaald van Facebook verbied nadat hy glo die platform gebruik het om geweld by die Kongresgebou in Washington DC aan te blaas.

Maroela Media het vroeër berig Trump het in Januarie in ʼn video op Facebook aan sy ondersteuners gesê dat hy lief is vir hulle voordat hy hulle aangesê het om huis toe te gaan nadat hulle die Kongresgebou bestorm het. Hy het ook valse bewerings oor verkiesingsbedrog in die video herhaal.

Die toesigraad het vroeër vandag beslis dat Trump ’n omgewing op Facebook geskep het “wat ’n ernstige moontlikheid vir geweld ingehou het” en dat sy verbod op die platform vir eers nie opgehef word nie.

“Gegewe die erns van die oortredings en die voortslepende risiko van geweld, was Facebook geregverdig om Trump se rekeninge op 6 Januarie op te skort en die opskorting op 7 Januarie te verleng,” het die raad beslis.

Die paneel het wel gesê dit is nie gepas dat Facebook die “standaardlose straf van onbepaalde skorsing” oplê nie en die saak sal binne ses maande weer hersien word.

“Facebook moet binne ses maande na hierdie beslissing die arbitrêre boete wat hy op 7 Januarie opgelê het, heroorweeg en oor ’n toepaslike boete beslis.”

Besluite deur die toesigraad is bindend op Facebook en kan nie teen geappelleer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jan ·

Fb kan gaan doppies blaas.As ek Mnr Trump was sou ek se fb ek betaal nie ‘n sent nie want julle het dumbbell standard en staan een wereldorde voor saam met Bill Gates en kie

Anton ·

Ek sien Black Lives Matter het nog hulle site. Gelukkig is daar geen geweld by hulle betrokke nie :-)

Keith ·

Fakebook, twatter and joutube are all a law unto themselves. They are censoring anything and anyone who is Conservative or who speaks up for Christian Conservative values. President Trump can be found on Telegram and he has his own website on the internet. He is still the leader of the Republican Party and a few days ago indicated that he will probably run for Office in 2024. In the meantime he is sorting out the rotten apples in his party. He is not going “away” anytime soon.

Thom ·

If you are still falling for his BS , you’ve got some kind of mental block

Dries ·

Amerika gaan nog betaal vir Trump se stilte en Biden se vals beloftes en komunistiese agenda. Daar kom dit ook nou uit dat die Jurie in die Chauven saak openlike partydige BLM aanhanger is

Hoekom ·

“Facebook se onafhanklike toesigraad”
Hahaha wat ‘n grap. Hulle word betaal deur die einste maatskappy wat sê hulle is onafhanklik…

Die toesigraad het vroeër vandag beslis dat Trump ’n omgewing op Facebook geskep het “wat ’n ernstige moontlikheid vir geweld ingehou het” en dat sy verbod op die platform vir eers nie opgehef word nie. – Wat ‘n leuen, net soos die 2020 verkiesing bekend staan as die “Big Lie”.

Hoekom word niemand uit die geweldadige BLM verbied om facebook te gebruik nie? Hulle gebruik dan facebook om haat en geweld te verkondig aan miljoene. Dit wil sê hulle bepalings tel net vir sekere mense met sekere opinies…Belaglik.

Vir tyd en wyl klim van facebook af tot daar regulasies in plek is om hierdie tipe van maatskappye se mag te bekamp sodat hulle die vryheid van spraak van ALMAL in ag neem.

“All animals are equal, but some animals are more equal than others”

Werner ·

FB is n Klug wat mense Se lewens reuneer Trump die beste President Biden is Dom onosel wat n puppet het wat sy praatwerk doen

annie ·

Die VSA is nou ‘n eenpartystaat soos SA. Die hiper-radikale-sosialistiese demokrate maak en breek en beheer tot die pers. Obama is hul eweknie van Mandela en die Republikeine piep bloot nog in die agtergrond soos ons DA en die res. Die VSA het ons pad nagevolg en verval sal ditto. Biden is die laaste wit persoon wat ooit weer president sal wees, nie eens ‘by hook or by crook’ soos hy gedoen het nie.

john ·

FB is maar net n platform vir die far left en hulle sal eenige iets doen om converstiewe denke te stuit. FB het dubbele standaarde.

John ·

FB is vol linkses wat sosialisme bevorder wat hulle self nie weet wat dit is nie. Fb sal waarskynlik die eerste wees om te sterf as Sosialisme aangeneem word in die VSA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.