Raaisel oor kwaak ter see na 50 jaar opgelos

Kleinvin Foto: Arkive

Kleinvin Foto: Arkive

Vyftig jaar na duikbootbemannings suid van Australië en in die omgewing van Antarktika vreemde kwaakgeluide gehoor het, is die raaisel opgelos oor wat dit veroorsaak.

Intussen is verskeie vissoorte, en selfs skepe daarvan verdink.

Die “skuldige” blyk die kleinvinwalvis (ook soms minke-walvisse genoem) te wees, aldus navorsing deur ‘n span onder leiding van Denise Risch, wie se navorsingsresultate pas in Biology Letters van die Britse Royal Sociaty verskyn het.

Hulle het mikrofone aan die walvisse gekoppel en só die herkoms van die sogenaamde “bio-duck” sonder twyfel bepaal. Die geluid word gewoonlik gemaak net voor die walvis diep agter sy kos aan duik.

Dié walvis is ‘n betreklike klein baleinwalvissoort, wat nie langer as nege meter word nie. Die kleinvinne wat in die Suidelike halfrond voorkom, die Balaenoptera bonaerensis behoort tot ‘n ander spesie as die noordelike halfrond se Balaenoptera acutorostrata. Hulle word ook effens groter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.