Raaisel oor vermiste vliegtuig dalk nooit opgelos

malaysia airlinesDie hoof van polisie in Maleisië het gewaarsku dat die ondersoek oor Malaysia Airlines Vlug 370 moontlik baie lank kan duur en dalk nooit ʼn oorsaak vir die tragedie kan bepaal nie.

“Die kriminele ondersoek fokus op vier moontlikhede, naamlik kaping, sabotasie en persoonlike of sielkundige probleme van die persone aan boord,” het Khalid Abu Bakar Woensdag gesê. “Die ondersoek kan moontlik baie lank duur. Ons moet elke klein dingetjie oplos. En aan die einde van die ondersoek kan ons dalk nog steeds nie ʼn antwoord hê nie. Ons kan moontlik nooit weet wat tot die voorval gelei het nie.”

Intussen sal ʼn kernkragduikboot van die Britse vloot by die soektog in die Indiese Oseaan aansluit, het News Ltd berig. Die duikboot, HMS Tireless, sal by die Britse navorsingskip HMS Echo aansluit. Al twee skepe het gevorderde onderwatersoekvermoëns en is op soek na die elektroniese sein wat deur die vliegtuig se vlugopnemer uitgestuur word.

Najib Razak, eerste minister van Maleisië, sal na verwagting Woensdag persoonlik die spanne van sewe lande in Perth bedank vir hul poging om die wrak van die vliegtuig op te spoor. Die vliegtuie vlieg tot 12 uur per dag waarvan drie ure gebruik word om die soekgebied, sowat 1 800 km wes van Perth, te bereik. Die vliegtuie soek dan vier ure lank in ʼn roosterpatroon en keer dan terug na Perth.

Die volledige transkripsie van die vlieëniers se gesprek met die lugbeheertoring in Kuala Lumpur, wat nou bekend gemaak is, dui niks ongewoon in die kajuit aan nie.

Die vlugopnemer se batterylewe sal na verwagting op 7 April verval en sal daarna nie meer ʼn sein uitstuur nie. ʼn Skip van Australië, wat ʼn spesiale toestel karwei wat seine kan opspoor, sal na verwagting op 4 April in die soekgebied aankom. Die toestel word teen 5km/h gesleep en het slegs ʼn reikafstand van 1.6 km. Die soekgebied moet dus baie klein wees om ʼn sein te kan optel. Die huidige soekgebied is so groot soos Ierland.

Die vliegtuig het op 8 Maart van Kuala Lumpur na Beijing verdwyn met 239 mense aan boord. Daar is nog geen teken van die vliegtuig opgespoor nie. -SAPA

Lees ook:
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.