Ramaphosa vandag by Zim-pres se inhuldiging

Emmerson Mnangagwa. Foto: ANA

Pres. Cyril Ramaphosa gaan Sondag by duisende Zimbabwiërs en buitelandse afgevaardigdes in Harare aansluit vir die inhuldiging van die land se nuutverkose president, Emmerson Mnangagwa.

Die inhuldiging vind by die land se nasionale sportstadion plaas.

“Pres. Ramaphosa sal deur Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, vergesel word,” het Ramaphosa se woordvoerder, Khusela Diko, bevestig.

Zimbabwe se konstitusionele hof het Vrydag uitspraak gelewer oor die opposisieparty se aansoek om die uitslag van verlede maand se presidensiële verkiesing te betwis.

Die regspanne van die regerende Zanu PF en die opposisie, die MDC-Alliansie, het Woensdag hul onderskeie sake in die hof gestel, met die opposisie wat aangevoer het dat die verkiesingsuitslae gekook is sodat Mnangagwa as wenner uit die presidensiële stryd kon tree.

Hoofregter Malaba het egter die MDC-Alliansie se aansoek met koste van die hand gewys en gesê dit was ʼn eenparige besluit. Die hof het Mnangagwa as verkose president van Zimbabwe verklaar.

Die leier van die MDC-Alliansie, Nelson Chamisa, het die hofuitspraak verwerp. Chamisa het aangedui dat hy die Afrika-Unie se kommissie oor menseregte gaan nader.

Die Zimbabwiese Verkiesingskommissie (ZEC) het verlede maand ná afloop van die verkiesing, op 30 Julie, aangekondig dat Mnangagwa 50,8% van die stemme getrek het terwyl Chamisa 44,3% van die stemme ontvang het.

Dit was die eerste verkiesing in die land nadat Mugabe in November onder militêre druk uitgetree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Paul ·

‘n Grootse gebaar van CR, Afrika koester mos mekaar, maar dan wil ek die volgende vir hom sê; Jammer Cyril, ek vra groot omverskoning, baie groot, dat julle nie die wiel ontwerp het nie, wiskunde het die wêreld vooruit geneem. Dat julle nie die sterre eerste raakgesien het nie, die maan, die son, die windrigtings, die seisoene, nie die eerste hartoperasie gedoen het nie, die telefoon uitgevind het nie, die selfoon, myne ontgin het nie, goud, koper, diamante en steenkool. Deesdae is dit tegnologie wat die wêreld oorheers, gebruik dit vir vooruitgang en los die wit mense uit.

Paul ·

En CR het die afgelope week dit duidelik in sy uitsprake gestel, soos mens oor e-Nuus kon sien, hy skram nie meer weg nie, is nie eens meer diplomaties daaroor nie, mens hoef nie tussen die lyne te lees nie, hy sê sommer reguit hulle gaan nou vir die blankes, of hulle daarvan hou of nie.

Jaco ·

Hy moet sommer loer hoe dit daar lyk en waarna toe hy ons vat…

Ag 'seblief man! ·

Ag groot asseblief man hou hom daar. Hy het klaar die Zim-mentaliteit en waardes. En hy het ook reeds die Zim-strategie onder die knie. Ons belowe hy sal julle baie vinnig kan ondersteun om die land baie vinnig sy alie te laat sien. En hy loooooove dit om op grond en plase beslag te le!!
So reg in Zim se kraal.
Julle kan hom kry, gratis en verniet.

Hanna Hoekom ·

Hou sommer die hele groep “afgevaardigdes” daar! Asb!

Elsa ·

Mag ramaphosa iets leer by zim se nuwe president en terugkom met ander insae oor Suid Afrika en weet as hy nie bekeer hy sy pos sal kwyt wees…

Willem ·

Zim se president het mos beduie hulle is nou ‘n volwaardige demokrasie.

Lerato ·

Dis normale diplomatieke praktyk dat ‘n president die inhuldiging van die president van ‘n buurland bywoon.

Moet asseblief nie snaakse stories hierin lees nie.

Hennie ·

Gaan seker so n paar skelm Afrika verkiesings truuks leer by Mangkakwa…

Antiestabliesment ·

Voëls van eenderse vere. (Birds of a feather, flock together). PASSOP SA!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.