Ramaphosa veroordeel VSA-onttrekking aan Iran-ooreenkoms

Pres. Donald Trump lewer sy toespraak by die Withuis (8 Mei 2018). Foto: Evan Vucci/AP

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag gesê hy het met kommer kennis geneem van pres. Donald Trump se besluit om die VSA te onttrek aan die gesamentlike omvattende plan van aksie, ook bekend as die Iran-ooreenkoms, wat verband hou met Iran se kernprogram.

Ramaphosa het gesê Suid-Afrika ondersteun ingevolge sy buitelandse beleid multilaterale diplomatiek en die vreedsame oplossing van konflik. Volgens Ramaphosa was die kernooreenkoms ʼn “beduidende prestasie” in hierdie opsig.

Iran het in 2015 ingevolge dié ooreenkoms ingestem om sy kernaktiwiteite af te skaal en internasionale inspekteurs in die land toe te laat indien die streng ekonomiese sanksies teen die land opgehef word. Trump het egter Dinsdag aangekondig dat die VSA hom aan die ooreenkoms onttrek omdat die ooreenkoms “in wese gebrekkig” is.

Trump het gesê hy sal die hoogste vlak van sanksies weer teen Iran instel en het ander lande gewaarsku om nie die Iranse regering te probeer help nie.

“Dit is belangrik dat die vordering wat danksy jare lange onderhandeling gemaak is nie nou verlore gaan nie,” het Ramaphosa gesê. Hy het beklemtoon dat die kernooreenkoms ʼn raamwerk daarstel waarvolgens Iran die ontwikkeling van sy kernvermoëns vir burgerlike doeleindes kan najaag. “Die ooreenkoms is ook eenparig onderskryf deur die VN-veiligheidsraad in resolusie 2231, wat ʼn bindende wetlike raamwerk vasstel om die geskil oor Iran se kernprogram op te los.”

Die Suid-Afrikaanse president meen sedert die kernooreenkoms onderteken is, het dit aansienlik bygedra tot die vermindering van spanning oor Iran se kernprogram en ʼn belangrike rol gespeel om vrede, stabiliteit en die normalisering van verhoudinge teweeg te bring.

“In belang van streeks- en internasionale vrede en sekuriteit doen die Suid-Afrikaanse regering ʼn beroep op al die ander partye wat deel is van die gesamentlike omvattende plan van aksie om voort te gaan om hul verpligtinge onder die ooreenkoms te eerbiedig. Die besluit van die VSA moenie die oorblywende partye daarvan weerhou om die ooreenkoms na te kom nie, en ook nie ʼn negatiewe invloed hê op die relevante strukture en meganismes wat deur die ooreenkoms geskep is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Koffie ·

Aitog CR, ek stel voor jy moet eers jou eie huis in orde kry voor jy kommentaar lewer oor die VSA.

Gerda ·

Dink Cyril nou regtig mnr Trump gaan enigsins ag slaan op wat hy Cyril kwytraak? Beslis nie

bgj van der westhuizen ·

bepaal jou eerder wat hier aan gaan as oor see

kobus ·

CR jy kan nie eers jou eie land se spanning verbeter nie.wie worry nou wat jy se

zoom zoom ·

CR kan nie eens Noord Wes se premier ontslaan nie. Hoe wil hy nou nog vir Trump voorskryf wat om te doen met Iran se probleme. ANC wil vir almal voorskryf wat om te doen maar kan nie eens hulle eie party lei nie.

DROMER ·

En TRUMP gaan hom aan jou steur nadat jy jou AFVEE aan die plaasmoorde? Agneewat .. Trump het nie SA nodig nie, ook nie jou nie . so hy steur hom nie aan die mening van ‘n mier nie. Ek kry so lekker dat julle NIKS uitrig in ander lande behalwe om te BEDEL soos in ENgeland nie .. verder steur niemand hulle aan julle nie .. maar julle bly boelie die wit minderheid in SA. HOEKOM MOET ANDER LANDE VIR JULLE LUISTER as julle die goed waaroor julle eie burgers ongelukkig is IGNOREER?? NEEWAT kry vir julle .. al kos die petrol ook later R40 per liter .dis nie net ek wat gaan suffer nie .. julle MASSAS gaan dan teen julle draai . tensy julle hulle subsidie GROTER maak.

Antie ·

ASB , SPRINKAAN, nie ‘n mier nie. ‘n Mier is hardwerkend, terwyl ‘n sprinkaan alles verorber en verwoes!!! Ek hoop Maroela plaas my kommentaar, want dit word nooit gedoen nie

honourable member ·

Worry eerder oor jou eie land wat in totale chaos is ou grote.

Ag asb ·

WAT?? ondersteun WAT? Multilaterale diplomatieke en vreedsame oplossing van konflik? JY doen dit nie eers in jou eie land nie .. die land brand nou ELKE dag en ek sien jou NERENS intervene met jou vreedsame oplossings nie .. As jy nie eers jou eie land se konflik kan oplos nie, hoe wil jy dit in die buiteland doen? Trump is nie ‘n bang boer wat hom agter alarms en slot en grendel moet toesluit omdat hy bang is vir julle nie .

Johan ·

S A kan nie eers sy interne probleme aanspreek nie…dan word daar kommentaar gelewer oor ander lande. …haal eers die balk uit jou eie oog…..en daar is n hele paar!!!

Yster ·

Cyril moet maar eerder SA se probleme hanteer voordat hy hom uitspreek oor ander. Sy eie land is in chaos.

VERBAAS ·

CR sit maar jou hand oor jou mond. TRUMP hoor of sien jou nie al steek jy jou hare aan die brand.

Theresa ·

Eerstens my simpel gelag vir jou naam Verbaas!! Presies wat mens is as jy die grootheidswaan besef van ons 1ste mens.
Dan is jou kommentaar SO goed dat ek hygend steeds lag en trane afvee. Beter as die Checkers storie.

Judge Dredd ·

Die enigste ding waarom ou Cyril bekommerd is dat MTN geldelike verliese begin lei as gevolg van Trump se besluit.

Koos1 ·

Hoe het hy (Trump)
Afrika lande genoem? Sal hy hom dan nou steur aan die een wat so ‘ n land bestuur. Cyril worry eerder oor plaas nee skuus, alle moorde, betogers wat alles afbrand, stakings, grondbesettings en dit alles amper op my voorstoep! Daai is die ding om oor te worry.

Grassie ·

Ramaphosa is nou regtig besig om met die leeu se baard te speel. Hy is aan die een kant verontwaardig omdat Trump nie vir Suid-Afrika dieselfde invoervoordele gee as vir sommige ander lande nie maar is aan die ander kant besig om Amerika se beleidsrigtings te kritiseer. Hy moet besef ‘n mens kan nie knaend met ‘n ander land skoor soek en dan maar nog steeds daar bakhand staan vir ‘n paar pasellas nie. Dit is soos ‘n keffertjie wat vir ‘n pitbull knor – vroeër of later gaan iemand seer kry. Raai wie.

Ou Wetenskaplike & Regsgeleerde Kernvark Watookal ·

Ek wonder of president Ramaphosa ooit die ooreenkoms SELF BESTUDEER het? Het Iran skriftelik kontraktueel ooreengekom om die program vir die vervaardiging van kernwapens en meegaande missiele SUMMIER te staak en toe te laat dat die buiteland Iran enige tyd mag inspekteer om nakoming van die staking te monitor? JA of NEE! Ons is al moeg vir al die wollerige verklarings. Ons as kiesers eis harde bevestigbare feite.

Nel ·

Hehehehe prez, oppas dat Trump nie vir jóú daar van oorkant die waters ‘Sjarrap’ skreeu nie.

JC ·

Ja-nee ou paddakoker-jou uitsprake dra te veel gewig, en jy is werklik ‘n gerekende kenner op die “aborsie” wat die Iran ooreenkoms WAS hoor ! /s. Lol

Vee eers voor jou eie deur skoon, welke gemors insluit die gepoogde diefstal van mense se eiendom deur die regering waarvan jy kwansuis die hoof van is!(Dit sal NOOIT gebeur nie!)

MAGA!

willie ·

Ek verstaan prez Trump gaan sy besluit in heroorweging neem na CR sy kommer uitgespreek het! hehehehehe!!!! Plaas van dat CR hom bepaal by die binnelandse anargie in SA!

anton ·

Waar het jy nou gesien n 3de nee eerder 4de wereld wil nou vir n 1ste wereld voorskryf of hul mond uitspoel oor wat hulle doen???
Duidelik net n piesang republiek ja!!!
Die Chihuahua blaf vir die Olifant ha ha ha……

Mark ·

Mickey mouse teen TRUMP. LOL. OMG afrika try iets se… What a joke!

gatiep ·

Verklaar oorlog teen USA ramposa.
Jou weermag staan n goeie kans om te wen.

HPV ·

Ons weermag sal eers vervoer moet soek, hul verhongerde perde is deur die DBV uitgesit.

Jannie ·

AG FOEITOG!! Trump gaan nou seker nagte lank wakker lê oor sy “veroordeling”!!! LOL!!!!!!!

Gatvol ·

Dink jy vir een oomblik dat Trump vir Iran sal vertrou. Jy raak ontslae van so n ooreekoms wanneer daar n slang in die gras is. CR vertel liewers vir SA van julle geheul met Iran!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.