Ramaphosa wens Chinese president geluk met herverkiesing

Xi Jinping (Foto: Angélica Rivera de Peña – Ceremonia Oficial de BienvenidaUploaded, Wikimedia Commons)

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag president Xi Jinping gelukgewens met sy herverkiesing vir die Volksrepubliek China.

“Pres. Xi se herverkiesing getuig van vertroue in sy uitstekende leierskap en vermoë om China as ʼn leidende land in die toekoms in te stuur met ʼn positiewe impak op die wêreldwye gemeenskap,” het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking gesê.

“Suid-Afrika is vol vertroue dat die sterk verbintenis tussen ons twee lande wat gebou is op geskiedkundige vriendskap en vennootskap, oor die volgende paar jaar in omvang en statuur sal groei,” het Ramaphosa in die verklaring gesê.

Sedert bande in Januarie 1998 gevestig is, het samewerking in die politieke, ekonomiese en sosiale sfere beduidend gegroei en hou aan om te floreer, het die departement bygevoeg.

Ramaphosa wens Xi en die regering en die Volksrepubliek China sukses en voorspoed toe en sien uit om Xi persoonlik te ontvang tydens sy besoek aan Suid-Afrika in Julie 2018 om die 10de Brics (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika)-beraad by te woon.

Xi is sedert Maart 2013 die president van die Volksrepubliek China. Met sy herverkiesing is daar nie ʼn verstrykdatum vir sy amp nie. Xi is ook die sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party van China en voorsitter van die land se Sentrale Militêre Kommissie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

White Rhino ·

Jip die regering is mos hand op die blaas met hierdie ouens.Gaan hulle nog duur te staan kom!

Manie ·

Dit is ook net dié rassistiese anc wat dié man sal gelukwens. Ek’s seker dit was n demokratiese verkiesing

Johann ·

Hand om die blaas met KOMMUNISME… dis nou die ANC se HOOF Padda Boer!

jaco ·

Die ANC is dik pêlle met China, maar leer niks by hulle nie: China het ‘n florende ekonomie en behoorlike wet en orde. Geen stakings. Doodstraf vir klomp misdade. As daardie kommuniste dit alles kan regkry, kan die kommuniste in die ANC, SAKP en EFF mos dieselfde in SA regkry.

leon ·

Anc, die groot beskermers van menseregte wys sy bankrot moraliteit, weereens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.