Rampe eis minder in 2013 – Rooi Kruis

Foto: brinkoffreedom.net

Foto: brinkoffreedom.net

Natuurrampe het in 2013 minder as 22 500 lewens geëis teenoor die gemiddeld van byna 100 000 die afgelope dekade, het die Internasionale Rooi Kruis in sy jaarverslag wat Donderdag bekend gestel is, gesê.

Die twee dodelikste natuurrampe in 2013 was die tifoon Haiyan wat byna 8 000 lewens in die Filippyne geëis het, en die moesonreëns in Indië wat in Junie meer as 6 000 mense laat sterf het.

Sowat 100 miljoen mense is in 2013 deur rampe getref, en sowat $120 miljard skade is aangerig. Ongeveer 87% van die mense wat geraak is, woon in Asië.

Altesaam 337 natuurrampe het in 2013 voorgekom, terwyl 192 “tegnologiese rampe” voorgekom het. Tegnologiese rampe verwys na rampe soos geboue wat weens strukturele foute of ontwerpe inmekaar val.

Hoewel die aantal natuurrampe die minste in ’n dekade was, was die aantal vloede hoër as die gemiddelde aantal van die dekade. 2013 se natuurrampe was steeds hoër as die gemiddeld van die dekade van die 1990’s, en die Rooi Kruis meen oor die algemeen is daar ’n styging in natuurrampe.

Die volledige verslag kan afgelaai word deur hier te kliek. Die verslag self se tema vir die jaar is die impak wat kulture op rampe en die bestryding daarvan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.