Ramsay moet bontstaan ná voorval by Londense restaurant

Gordon Ramsay. Foto: Facebook.

Gordon Ramsay, die beroemde sjef, is nie skaam om die tekortkominge van ander uit te wys op sy televisieprogramme nie, maar hy moet nou self bontstaan ná daar ʼn enorme gesondheidsrisiko by een van sy restaurante ontstaan het.

Twee werkers van sy London House Brasserie is behandel vir beweerde koolstofmonoksiedvergiftiging en die nabygeleë woonstelblokke moes ontruim word ná iemand ʼn smeulende, industriële grootte braaitoestel binne die restaurant geskuif het.

Twee brandweerwaens en ʼn ambulans is na die toneel ontbied ná ʼn alarm afgegaan het.

Die voorval het in Battersea in Londen plaasgevind.

Die ventilasie in die restaurant was glo onvoldoende en die kole het nog gesmeul.

Die restaurant het laat hoor dat die lokaal leeg was ten tyde van die voorval en dat die bestuurder net die normale prosedure gevolg het en toegesluit het toe die voorval plaasgevind het.

Die voorval word ondersoek.

Bron: Daily Mail.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ands ·

Prosedure was gevolg. En ek glo Ramsey sal daarmee deel , soos hy altyd met uitdagings deel.
Hy is nie iemand wat wegskram van sy verantwoordelikhede nie

Sdl ·

Ek kon nie beter met jou saamstem nie. Gelukkig gee hy nie JVR1652 die skuld nie…

Daan ·

Dankie TrotsAfrikaans,stem 100% saam.Die gewoonte om Afrikaans af te kort is ook ongevraagd.Daar is mos geen haas nie.

TrotsAfrikaans ·

Bly iemand stem saam dat ons gebruik van Afrikaans kan verbeter. Maroela Media is nou nie so vriendelik daarmee nie; ek is egter van mening dat ‘n terugkeer na hoër standaarde van Afrikaanse noodsaaklik is vir selfrespek en vir die taal se oorlewing.

Cato ·

Swannie, Ands het die woord deel gebruik in plaas van die engelse woord deal. Daan het haar net badank vir haar puik Afrikaans.

Pieter ·

Deel is eintlik ‘n anglisisme en behoort hanteer te wees. Verder mag Ramsey dalk kos kan maak, maar hy is ‘n ongeskikte buffel.

Jeannette ·

@Cato – “deel’ is ver-Afrikaansing van “deal”. Hoewel dit nie verkeerd is nie, is dit ook nie reg nie. “Om die situasie te hanteer” sou beter wees. Ja-nee kyk, mense kan darem vinnig reageer – ek was gaande oor “Hell’s Kitchen”, maar kyk dit nie meer nie. Mens moet dié ‘realiteits televisie’ maar altyd met ‘n knippie sout neem. Daar is baie redigering- en “ruk-en-pluk”-werk voor dit die kassie tref. O, en Ramsay & kie (sy dogter) se “Oh-my-goodness” vinnige-kos-vir-kinders reeks van Checkers …….. Jegg!!! Nie eens my hond sal dit eet nie. Ek wonder watter veiligheids- en higiëne standaarde word in daardie fabrieke gevolg, want daardie kos lyk sommer ….. onaantreklik en oneetbaar!!!

vrikie ·

Miskien kan Ramsay homself uit die situasie uit vloek soos hy op sy tv programme doen

VanAfrika ·

Hy bly nog die beste, ek eet enige dag in sy restaurant, hy ken van hygiene en van kos maak

SARIE VAN HEERDEN ·

Een voordal en dit word ten hemele opgeblaas! Hierdie was g’n nalatigeheid nie want daar was alle voorsorg getref indien iets sou gebeur. Lees die berig.

SARIE VAN HEERDEN ·

As Ramsey op programme vloek moet jy die vloekwoorde op jou televisie uit”blok” , Vrikie. Ons doen dit en almal is gelukkig veral as jy kindertjies het. Laat iemand jou wys hoe om dit permanent op jou teleisie te stel.

Kosie ·

Ek wonder hoeveel mense sou raai hy is ‘n sjef indien hulle hom die eerste keer sien. Lyk meer soos ‘n vuisvoos bokser.

Theresa ·

Weet iemand of kole wat ons hier gebruik wat gelos word om te smeul ook giftig is?

VanAfrika ·

Ek laat eerder dat hy my kos skoon vloek as wat van hierdie vuil restaurante hul vuil sluimerige kokkerot kos vir my voorsit en hy moes al van daardie kos eet.. Kyk of jy nie sal vloek as jy na die tyd sien wat jy eintlik geeet het. Ek sal meer as vloek doen as ek moet sien wat van hierdie vuil restaurante opdis uit hul vuil yskaste. Het julle nie nou-net aangegaan oor die mensturasie bloed wat Spur aan hul kliente se kos gesmeer het nie? Nou kritiseer julle iemand wat julle kos vir julle skoon vloek. Wees bly daar is n reataurant eienaar wat omgee oor jou as klient en die restaurant aan die kort end laat trek sodat jy goeie kos kan eet. Met Gordon kry jy waarde vir jou geld. In my oe is hy alles behalwe n buffel. Restaurant eienaars wou hom al slaan omdat hy op die man af is as dit kom by skoon kos. “You go Gordon”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.