‘Rassistiesste advertensie nóg’

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Maatskappy wat waspoeier vervaardig in Sjanghai, China, moes die week bontstaan nadat sy jongste advertensie beskryf is as die “rassistiesste advertensie nóg”.

Shanghai Leishang Cosemtics Ltd. het Saterdag om verskoning gevra aan swart mense oor die advertensie waarin ʼn swart man in ʼn Asiese man met ʼn ligte vel verander danksy die waspoeier.

Die maatskappy wat Qiaobi-waspoeier vervaardig het egter nie so ver gegaan as om vir enige rassisme in die advertensie om verskoning te vra nie. “As gevolg van die verspreiding van die advertensie en oor-interpretasie van openbare mening het die advertensie mense van Afrika-afkoms seergemaak,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.

Die maatskappy het intussen die advertensie van YouTube verwyder, maar nie voordat internetgebruikers dit afgelaai en weer gedeel het nie.

https://youtu.be/oXR66hEme6A

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
AmY

Hahaha. Dit is só snaaks!

Andre

LoL….Weereens ‘n bewys van sommige mense se kleinlikheid.

Leeukop

Swartmense in China? Nie baie nie (uitsluitend die met diplomatise role). Verre oosterse lande se graag vir die weste om oop te maak maar hulle is gladnie gewillig om vlugtelinge in te neem nie, en is van die mins heterogene nasies in die wereld.

Gerhardt O

Maar die mense is dan Afrika se groot verlossers of hoe?

pjk

Nou verstaan ek dit nie, as die ouens hul hare blond dye. Is dit ook rassisties of is dit maar net minderwaardigheid? [email protected]