Realiteitsreeks gestaak, maar niemand sê vir deelnemers

Foto: Facebook.

Tien deelnemers van ʼn realiteitsprogram in Skotland is hewig ontnugter ná hulle vir byna sewe maande gestrand gelaat is nadat die program gekanselleer is.

Hulle was deelnemers aan die Eden-realiteitsreeks waar 23 deelnemers in Maart 2016 na ʼn afgeleë plek gestuur is om ʼn “nuwe beskawing” te bou en geen toegang tot die moderne samelewing gehad het nie.

Teen die einde van die reeks het net tien deelnemers oorgebly – die vervaardigers van die reeks het egter nagelaat om vir dié tien te sê dat die reeks ná slegs vier episodes in Augustus 2016 gekanselleer is weens lae kykergetalle.

Hulle is eers onlangs daarvan ingelig en uit die afgeleë plek verwyder.

Die verfilmingspan het dus agtergebly saam met die deelnemers en aanhou verfilm asof niks verander het nie. Daar is ook van persoonlike kameras gebruik gemaak.

Die deelnemers moes self jag of soek vir kos, self skuilings bou en hul eie samelewing skep met hul eie wette en hulself onderhou. Dit was ʼn mengsel tussen ʼn maatskaplike eksperiment en ʼn realiteitsprogram.

Spanning onder die deelnemers en mediese redes is voorgehou as die rede hoekom die ander 13 reeds die reeks verlaat het.

Kykers het begin vrae vra oor of die reeks gestaak is (dit blyk dat dit nie duidelik gekommunikeer is nie), maar Channel 4 wat verantwoordelik is vir die program het gesê die verfilming daarvan sal voortgaan en die inhoud daarvan in sarsies bekendgestel word.

CNN berig dat die deelnemers nou, ʼn jaar later, weer terug is in die moderne samelewing en met ʼn yslike skok van verskeie gebeure moes verneem, soos dat Donald Trump nou Amerika se president is en dat Brittanje van die EU onttrek.

Dié voorval is as ʼn reuseverleentheid vir Channel 4 bestempel.

Bronne: CNN en The Guardian.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ag nee regtig ·

Ag nee regtig in vandag se samelewing met al die moderne tegnologie en hul familie het nooit vrae gevra of oor hul gewonder nie. Nee wat hier probeer iemand regtig dink die bree publiek is ‘n klomp onnosel mense.

Dalk ·

As mens kyk hoe dit gaan met die wereld, is Eden dalk die beter roep

Oosie ·

Channel 4 het seker hul opleiding hier in Suid-Afrika gekry… By die eksperts…

Onnie ·

Grootste skok was seker dat trump nou president is na hy ook soos hulle in realiteitsprogram was. Haha

Johann ·

Blykbaar is SA tans.deel van die einste program! Sien dit werk so: Klauwdu Roiw Oog van die eshaibeecee het die program regte gekoop nadat NUMBA WHONE R763986y97.96673 trilzilbilhondergiljoen raante goedgekeur het vir die vorige eshaibeecew raadeloosheid. MET natuurlik sy edel Balief ( Fait se geKOLONiseerde naam) se insette. Al die ander Zumaikies by HESKOM en SOUVAFRICANNOTERWAYS en UNGRANTED NONPAYMENT SOLUWTJINS van Dame Dla’nmili het via n deurdonderde tenderproses almal ewkwil aandele verkry. Die Suid Afrikaanse program word al seder 1994 opgeneem en n beeldpoets maatskappy genaamd ZUPTANIË is verandwoordelik om die deelnemers gereeld met G.W.A.N.O te voer….hehehehe

Andre ·

Het daai mense nie werk nie of het hulle teveel geld om hul tyd so te mors ??

jaco ·

as ek na 7 maande in die bos uitvind Donald Trump is die nuwe president van Amerika, sal dit nie ‘n “yslike skok” wees nie. Ek sal eerder bly wees.

buks ·

As ek n onwettige immigrand was wat dwelms smous in die VSA sou ek ook geskok gewees het omdat Donald Trump vir die volgende vier jaar president gaan wees. Behalwe as jou Burgermeester onderneen om jou te ondersteun en te beskerm teen die Fed. Ons skrik nie meer vir n koue pampoen nie ons lewe daarmee saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.