Reddingspoging verskerp na 11 mynwerkers gered word

Reddingswerkers by die Hushan-myn in China se Shandong-provinsie. Foto: AFP/China OUT

Pogings om ’n groep mynwerkers te red wat al twee weke lank honderde meter onder die grond in ’n myn in China vasgekeer is, is verskerp nadat 11 werkers Sondag gered is.

Die eerste mynwerker is omstreeks 11:00 (Chinese tyd) na die oppervlak gebring en in ’n ernstige toestand na ’n hospitaal vervoer, het die staatsbeheerde uitsaaier CCTV berig. Hy is in ’n ander deel van die myn gevind as waar van die ander werkers vasgekeer is.

Nog mynwerkers is omstreeks 13:30 na veiligheid gebring. Dié drie was saam met sewe ander vasgekeer met wie reddingswerkers vroeër kontak kon maak. Een van dié mynwerkers het beserings opgedoen. Nog drie mynwerkers is omstreeks 14:00 na die oppervlak gebring, voor nog vier mynwerkers na veiligheid gebring is.

’n Totaal van 22 mynwerkers is sedert 10 Januarie ondergronds by die Hushan-myn in die Shandong-provinsie vasgekeer nadat daar ’n ontploffing was.

’n Week gelede is vir die eerste keer kontak gemaak met ’n groep mynwerkers wat in ’n deel van die myn, sowat 580 m onder die grond, vasgekeer is. Een mynwerkers is ernstig beseer in die ontploffing en is volgens die ander werkers dood nadat hy in ’n koma verval het.

Reddingspanne het sedert daar met die groep kontak gemaak is kos, medisyne en ander voorraad na die groep laat sak deur middel van gate wat in die rots geboor is.

Spesialistoerusting word gebruik om met die ander mynwerkers te probeer kontak maak, maar nog niks is van hulle gehoor sedert die ontploffing nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mad Mike die Rhodesiër ·

“Been there, experienced that…” Ek was vier dae ondergronds vasgeval in die Wesrand in die mid-70s as gevolg van ‘n aardbewing in die Vrystaatse Goudvelde. Ek wens niemand dit toe nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.