Reeds te laat om sekere skade weens klimaatsverandering om te keer

droogteSelfs al skud die wêreld onmiddellik sy verslawing aan fossielbrandstowwe af, is dit reeds te laat om permanente skade aan sekere delikate ekosisteme te voorkom, luidens die jongste verslag van die VN se Klimaatsburo wat Maandagoggend in Japan bekend gestel is.

Selfs al word die vrystelling van fossielbrandstofverbranding dadelik gestaak, sal die aarde se klimaat waarskynlik nog met een graad styg, wat die einde van sommige koraalriwwe sal beteken en die Noordpoolgebied blywend sal skaad.

Die jongste verslag fokus baie op die stel van verskillende scenario’s, afhangende van met hoeveel grade die klimaat gaan styg. Terwyl sommige lande, soos Rusland, wat voedselproduksie betref gaan baat met ‘n meer gematigde klimaat, gaan ander streke weens die warmer en droër weer dit moeiliker vind om kos te produseer. Met elke scenario sal die mensdom moet aanpas. Meer droogtes, en hewige orkane sal ook voorkom.

Een van die interessantste bevindings is dat die wêreld se gemiddelde reënval die afgelope eeu met 20% vermeerder het. Sommige streke word egter nie net warmer nie, maar ook droër.

‘n Volledige berig in Nederlands soos gepubliseer in Trouw kan hier gelees word.

Verslae kan hier afgelaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.