Regering blok Twitter in Turkye

Grafika: Mashable

Grafika: Mashable

Turkye het toegang tot Twitter beperk ure nadat die Eerste Minister gedreig het om die sosialemedia-netwerk “uit te roei” weens opnames wat op die netwerk uitgelek het en die regering se reputasie, kort voor die plaaslike verkiesing, skade berokken het.

Talle gebruikers in Turkye wat Vrydag toegang wou bekom tot Twitter, het slegs ‘n kennisgewing van die telekommunikasieowerheid ontvang wat verwys na ‘n hofbevel dat die netwerk gesluit is.

Recep Tayyip Erdogan, Turkey se Eerste Minister, het Donderdag gesê die regering sal stappe doen teen Twitter, “ongeag wat die internasionale gemeenskap daaroor te sê het”.

Die opnames wat uitgelek het sluit ‘n klankgreep in waar Erdogan glo sy seun opdrag gee om van ‘n groot hoeveelheid kontant ontslae te raak voor ‘n polisie-ondersoek. Erdogan voer aan die opnames is gefabriseer en is deel van ‘n sameswering om die regering te diskrediteer voor die verkiesing op 30 Maart.

Daar is nagenoeg 10 miljoen Twitter-gebruikers in Turkye.

Twitter het aan Mashable gesê hy ondersoek bewerings dat sy diens in Turkye blokkeer word, maar sy beleidsafdeling (@policy op Twitter) het in ‘n twiet aan gebruikers in Turkye verduidelik hoe om steeds twiets uit te stuur. Die twiet is in Engels en Turks uitgestuur (sien foto onderaan berig).

Bron: Sapa, Mashable
Screen Shot 2014-03-21 at 9.29.02 AM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.