Joel Schumacher, die flambojante regisseur flieks soos St. Elmo’s Fire en die Batman-reeks, is Maandag in die ouderdom van 80 oorlede.
ʼn Verteenwoordiger vir die familie het gesê hy is in New York oorlede ná ʼn jaar lange stryd teen kanker.
Schumacher het in die 1990’s groot roem verwerf met St Elmo’s Fire met Rob Lowe, Demi Moore, Emilio Estevez en Andie MacDowell, en die vampier-gruwelkomedie The Lost Boys (Jason Patric).
Ná flieks soos Flatliners (Kiefer Sutherland, Julia Roberts, Kevin Bacon) en A Time to Kill (Matthew McConaughey en Sandra Bullock), het Schumacher die DC-heelal by Tim Burton oorgeneem. Sy styl van regie het tot twee van die mees tekenprentagtige flieks in die Batman-reeks gelei: Batman Forever (1995) (met Val Kilmer as Batman) en Batman & Robin (1997) (met George Clooney as Batman en Chris O’Donnell as Robin).
Schumacher was ook die regisseur van rillers soos Tigerland en Phone Booth (albei met Colin Farrell), The Phantom of the Opera (met Gerard Butler) en The Client (Tommy Lee Jones en Susan Sarandon).