Regsgeding teen Trump ná nuwe misbruikwet

Pres. Donald Trump. (Foto: Evan Vucci, AP)

’n Amerikaanse joernalis wat beweer dat Donald Trump haar in die 1990’s verkrag het, het nou ’n bygewerkte regsgeding teen die oudpresident ingedien.

E. Jean Carroll se prokureurs het die regsgeding aanhangig gemaak enkele minute nadat die Wet op Volwasse Oorlewendes Donderdag in New York in werking getree het. Dié wet laat slagoffers van seksuele misbruik toe om beweerde misbruikers te dagvaar sonder inagneming van verjaringswette en beskerm die aanklaers dekades nadat die beweerde aanval plaasgevind het.

Die bygewerkte regsgeding deur Carroll, ’n voormalige rubriekskrywer vir die tydskrif Elle, beskuldig Trump daarvan dat hy haar destyds “met geweld verkrag en betas het”.

Sy beskuldig die voormalige president ook van laster nadat hy verlede maand die beweerde verkragting op sy sosialemediaplatform Truth Social ontken het.

Carroll (78) het in November 2019 reeds ’n federale siviele naamskendingsgeding teen Trump aanhangig gemaak en dié saak duur voort. Albei het ook in Oktober beëdigde verklarings voor ’n regter in New York ingedien en die verhoor sal na verwagting volgende jaar begin.

E. Jean Carroll (Foto: Twitter)

Carroll eis egter in die nuwe regsgeding skadevergoeding vir sielkundige skade, pyn en lyding, verlies aan waardigheid en skade aan haar reputasie.

Carroll beweer in ’n boek, wat in 2019 gepubliseer is, dat Trump haar laat 1995 of vroeg 1996 in ’n kleedkamer by Bergdorf Goodman, ’n luukse afdelingswinkel in New York, verkrag het.

Carroll kon egter tot Donderdag toe nie ’n regsgeding vir aanranding aanhangig maak nie omdat die beweerde voorval te lank gelede plaasgevind het.

Trump ontken dat hy Carroll verkrag of haar selfs geken het. Die oudpresident het vroeër gesê Carroll is “nie my tipe nie” en “lieg”.

Trump se prokureur in die saak, Alina Habba, het intussen gesê sy respekteer en bewonder diegene wat ingevolge die nuwe wet van die staat New York na vore tree.

“Hierdie saak is ongelukkig ’n misbruik van die doel van hierdie wet wat ’n verskriklike presedent skep en die risiko loop om die geloofwaardigheid van werklike slagoffers te delegitimeer,” het Habba Donderdag in ’n e-pos aan AFP gesê.

Die nuwe wet gee slagoffers van seksuele aanranding in die deelstaat New York ’n tydperk van een jaar om hul beweerde misbruikers te dagvaar, selfs al het mishandeling lank gelede plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Human ·

Kan nie wees! Volgens Trump se juigkommando is hy die uitverkorene.

Koen ·

So jy reken jou helde lei aan minderwaardigheids sindroom. Bhahahaaaaaaaa!. Ja right. Bhahahaaaaaaaaa! Hoe lekker laat jy my lag.

Antie Sarie ·

Wie gaan die afrikaner uitlei? Wag seker op oom siender se antwoord. Die boere raspoetin

Michael ·

Nou waar was sy die afgelope 30 jaar? Pla dit haar nou eers?Telkens wanneer Trump in die nuus is soos nou met sy kandidaatskap vir 2024 dan kom hierdie “dinge” van die “verlede”na vore. Ons kan maar seker wees hierdie is die begin van talle “aanklagte” teen hom wat 30 plus jare glo gebeur het-dis maar blote vuilspel van die bose Demokrate

Willie ·

Sy lyk soos Nancy Pelosi se ouma. Glo nie Trump was ooit so desperaat nie.

Frank ·

Se ek ook, iemand wat maklik ‘n 10 plus kan bekostig sal nie eens naby ‘n 10 minus kom nie, laat staan nog ‘n joernalis en in ‘n luukse afdelingswinkel nogal vat die koek

Anonymouse ·

So jy dink dis net aantreklike vrouens wat verkrag word? Vertel dit vir 80-jarige ma van een van my oud-kollegas. G’n wonder verkragting is ‘n nasional sport in die land nie, want almal dink dis iets om oor grappe te maak

Koen ·

Jou oranje held lyk soos haar pa. Kla hom aan van kindermolestering.

Frank ·

Net ‘n mal mens sal so iets in luukse afdelingswinkel probeer en met joernalis as “slagoffer” sou al wat koerant en tydskrif is helse bohaai daaroor opgeskop het. Ek stem saam met Trump se vroulike prokureur dat sulke misbruik vir politieke punte dit nog moeiliker maak vir werklike slagoffers

Anel ·

Howkom so lank wag? Die amerikaners is nogal skerp oor sulke klagtes. Dalk soek sy net sensasie en ‘n paar dollars! Hie sal mens ooit weet wat in sulke mense se koppe aan gaan. Hoe verkrag ‘n mens iemand in ‘n kleedkamer en niemand kom dit agter nie, veral so ‘n eksklusiewe plek!

Michael ·

Dit gaan nie oor Dollars nie, dit gaan oor hom uit die wit huis te hou. 30 jaar om eweskierlik agterste kom sy was verkrag? Dis soos Hunter Biden se laptop wat nou eweskierlik, tog die reine waarheid is. Als daarop is as korrek en oorspronklik verklaar. Die Demokrate is self gat vol vir ou Joe. Dis hoekom dit nou uit kom. Maar wees bedag, Obummer trek die toutjies in die agter grond. Nie Biden nie, die olie prys vandag is ‘n direkte gevolg van Biden, 4 dae na hy oor neem en Trump se Keystone Pyplyn tot niet maak, begin die olie steig. En dan blameer hul Putin. ????

Phillip ·

1995 of vroeg 1996 in ’n kleedkamer by Bergdorf. Maar sy is dan nie eers seker oor die datums nie hoe nou

Elize ·

Daar is vrouens in hierdie lewe wat daarop uit is om geld te maak. Ook ‘n vrou maar baie van hierdie aanklagtes is nie waar nie. Praat die waarheid en sê jy het geld nodig pop

Renier ·

Imagine die antie maak jou wakker met daai gesig. Sy is soos die nar van IT

Anonymouse ·

Watter tipe mens maak grappe oor verkragting slagoffers?

Keelvol ·

Snert man….. die vrou wag omtrent 30 jaar om met die storie vorendag te kom. Sy soek net geld.

Vlakvark ·

Nou Maroele sê vir ons hoekom julle nie ook berigte plaas van Biden en seun wat nou ondersoek word nie?

Michael ·

Ek stem, H nter se skoot rekenaar is nou eweskierlik “legit” en die fake news en FBI het dit als toe gesmeer.

Thom ·

Want daar kan nie DNS positief met die saak , soos in hierdie geval verbind word nie.

Stephen ·

Ai die Liberale sal nou weer alles probeer om Trump uit die Presidentsverkiesing te kry. Wonder hoeveel die Biden Brigade haar betaal.
Ek dink enige hof sal sy verweer aanvaar dat sy nie sy tipe is nie.:)

Antie Sarie ·

In die 1990’s was dit nie verkragting. Want hy was aantrekliker toe.

Anonymouse ·

So aantreklike mans kan maar met vrouens doen wat hulle wil?!

JohanR ·

Gaan kyk die fliek SheSaid. Harvey Weinstein het 23 jaar gekry. Trump moet ten minste 15 jaar kry vir al sy teisterings!

JohanR ·

Net soos ek nie nog 5 jaar van Cyril Ramaphosa wil he, wil ek nie nog 4 jaar van die ou he. Hy is sleg vir al my geldilike bellegings.

Laksman ·

Verjaar sekere misdade nie in VSA ook na n sekere tyd nie? Dis is nou regtig n ou koei (wat uit die sloot gehaal word) :)

Treurwilger ·

Teleurstellend dat Maroela hierdie ooglopend sensasionele snert verder lug gee.

Human ·

As sensasionele snert jou agenda en denkwyse pas dan is dit die moeite werd anders nie?

Michael ·

The accusation is actually from an excerpt from a new book Carroll is slinging — SHOCKER — she’s selling a book and wants publicity.
Carroll also claimed that she did not wash the dress she was wearing after being “raped” by President Donald Trump in the 1990s — but will not agree to allow the NYPD to test it for DNA and prove her outlandish tale.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.