Regstreeks: Donald Trump ingehuldig

Donald Trump Foto: Ricochet

Donald Trump Foto: Ricochet

Donald Trump word vanaand (Suid-Afrikaanse tyd) ingehuldig as Amerika se 45ste president.

Trump gaan deur hoofregter John Roberts ingehuldig voordat hy sy eerste toespraak as president sal lewer.

Volg die inhuldiging regstreeks hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

89 Kommentare

Lance ·

Genade wat n speech ….minste is hy erenstig …dis nie net n gelag en n gegiggel soos hier …en hy praat sonder om na n papier te kyk …vergelyk dit nou met wat hier gebeur ….SA lyk regig na n grap met die leiers hier

Jan ·

Sarie, nou wat het jy verwag? Max het ook seker in sy tee gestik.

Katarina ·

Fantasmagories!!!!Wat n speech!! Dit moes elkeen se “core” in Amerika geraak het!!!Fantasties Trump!! Wel gedaan!!.

Landsverraaier ·

Ek is net bly ek is nie in ISIS nie. Ek dink Generaal “Maddog” Mattis gaan nou die hel op hulle laat neerdaal. Mag die most merciful hulle tog beskerm.

Piet ·

Ware president waarop die Amerikaners trots op kan wees nie soos die ongeskooldes verleentheid van Suid-Afrika nie

GES ·

Trump gaan gewis vir die Amerikaanse volk iets doen. Soos die chinese sê: “vee eers die sneeu weg voor jou eie deur voordat jy jou oor die ryp op jou buurman se dak bekommer” gaan die fokus verskuif na eie belange. Nog ʼn kenmerk van hom is, is dat hy doen wat hy sê. SA sou kon doen met sulke leierskap maar ongelukkig sorg ons leiers meeste van tyd net vir hulleself.

Vienna ·

Wow, dit is mos hoe ‘n land se President
moet wees !
President Donald Trump het 2 Bybels gehad
sy eie en die Lincoln een.
Meer hoop vir Christians.

Vic ·

Ek wonder wat se die Bybel oor Donald Trump se optrede teenoor vroue?

Cherokee ·

Wat weet jy van sy optrede teenoor vroue of ondersteun jy bloot die betogers? Ons wag op jou antwoord. Moet nie net ‘n prater wees nie.

Bybels? ·

2 Bybels in die hand maak nie van jou ‘n Christen met waardes nie.

Elsonius ·

Nel ek stem so saam. Mens kan niks sonder God doen nie. Ek is so bly dat Trump almal mooi duidelik laat verstaan het dat hy Christelike waardes het. Hy het n hoe moraal rugraat en integriteit.

Vic ·

Christeliie waardes? Vroue oor 35 is te oud? Mishandel vrouens seksueel? Geen plek aan jou tafel vir n vreemdeling nie? Watter Christelike gemeente behoort jy aan?

Cherokee ·

Wees meer spesifiek, Vic. Verduidelik by watter geleenthede op watter datums hy dit kwyt geraak het. En as jy nie hierop terugvoering kan gee nie, erken ten minste dat jy bloot kanse vat omdat jy die betogers ondersteun. Almal wat hier lees wag op jou antwoord.

chrisp ·

Vic gee bewyse asb anders is dit bloot leuns.

Wie is nou weer die vader van die leun en is hy jou maatjie?

chrisp ·

Jammer Vic ek sien jy verstaan nie wat ek probeer se het nie.Die regte spelling is leuen en nie leun nie.

Kan jy nou my ander skrywes ook proeflees asb. Bewys dan daarna jou ander beskuldigings sodat ons kan kyk hoe waar dit is en hoe lank terug moes hulle en jy gaan delf om dit op die lappe te bring.

Nel ·

Vic wees ‘n bietjie meer spesifiek waar en by watter geleentheid het hy al daai goed gese??
Ek wag op jou antwoord.

Vic ·

2005. Opname tydens gesprek met Billy Bush. Onder andere. Lees en leer. Niemand so blind soos hy wat nie wil sien nie

chrisp ·

Vic.
Het hy hom skuldig gemaak aan aan dit wat jy se in die een onderhoud?
Kan jy asb meer bewyse gee sodat ons kan wys word. Soos bv wat hy gese het 12 jaar gelede.
Miskien moet jy vir die ander 22jaar terug gaan.

Ek is oortuig dat ek 12 jaar terug ook dinge gese het wat ek nou nie meer in glo of sal se nie .
Kom ons kyk hoe ver terug moet jy gaan vir die res(dit is nou as jy jou punte kan bewys).

Vic ·

Ronel, ek wonder of jy dogters het? Sal jy tevrede wees as daar so oor hulle gepraat word? 12 jaar terug was Donald Trump 58 jaar oud.

Gideon ·

Wat is fout met my? Ek kyk na Trump se inhuldiging en voel trots en bly omdat hy President word!! Indien ons land se goed plaasvind voel ek deesdae niks!! Ek voel ‘n vreemdeling in hierdie land!

Rupert Ashford ·

Vic glo die tannie wat gese het sy het een stel waardes wat sy vir die publiek voorhou en ‘n ander stel wat sy privaat hou sou ‘n beter pres met beter morele waardes gewees het. Lekker man.

chrisp ·

Rupert.
Ek dink as hulle 12 jaar terug moet gaan in ‘n private gesprek tussen twee mans, enige twee sal almal skaam word ek inkluis, Indien dit so lank terug gebeur het sal ek se dat Trump die skoonste President seker in Amerika se geskiedenis moet wees of ten minste die afgelopen 100 jaar.

tamanie ·

Vic hoe het Donald Trump opgetree teenoor vroue ? Ek wag vir jou antwoord ?

Vic ·

Hoekom luister jy nie na sy eie getuienis oor sy eie gedrag, en na die vroue wat deur hom aangerand is se getuienis nie?

Gatiep ·

Ai Vic , weet jy , die haat in jou hart is so vlak. Onthou , die van ons wat geen sondes pleeg nie , het weliswaar geen bybel nodig nie. Die res van ons sondaars (nes Pres Trump) moet maar ons bybel naby hou om ons rigting te gee.

Vic ·

Ja, Gatiep, met sulke waardes moet julle maar julle Bybels styf en naby vashou, maat. Julke gaan dit nodig kry. En vir diegene van julle wat dink meeste mans praat so – watter soort geselskap beweeg julle in? Ek het nog nooit so gepraat nie, my vriende praat nie so nie, en dit is onder geen omstandighede aanvaarbaar dat n Christen so praat nie. Watter soort waardestelsel het julle?

DewaldS ·

Toe ek ‘n student was het ek soms as ‘n kroegman gewerk, Vic. Ek kan jou verseker dat mense (OOK VROUE) nogal gereeld so praat. Daar is “n aspek van ons seksualiteit wat gekoppel is aan ‘n soort ootwinningsdrang – dit is ‘n gesonder benadering om te aanvaar dat dit bestaan. En dit is beter om nie hipokraties te wees nie.

Vic ·

Ja Dewald, as student het ek ook verskeie interessante werkies gedoen. En ek werk daagliks met n verskeidenheid van mense van alle vlakke en omstandighede. Ek is goed bewus dat sommige mans en vrouens so praat. Nie almal nie. En van n wereldleier verwag ek beter. Kry ek altyd beter- nee. Maar hierdie slaafse aanbidding van n vlak, selfsugtige narcissis grens aan waansin. Ek verstaan hy speel op die vrese en drange van die gemiddelde man en vrou wat nie vir hulleself kan dink of eens n eie waardestelsel kan uitwerk nie. Maar nouja. Soos gesien aan die kommentare, is daar baie skape op aarde wat blindelings volg as mens net weet wat om te se…….

chrisp ·

As ek die Bybel so lees het ons Here nie baie mense met jou skoonwaardes gered nie Vic maar eerder mense soos ek wat maar gesondig het veral toe ons jonk was.

Indien jy met ‘n oop gemoed kan se dat jy nie dinge 12 jaar en langer terug gedoen of gese het wat mense sal onstel of teleurstel nie is jy voorwaar ‘n baie skoon en net ‘n wonderlike mens. Ek het verseker dinge gese en gedoen wat ek hoop niemand skelm opgeneem het nie. Ek sal bitter skaam word .

Vic ·

Chrisp – ek het my nog nooit geskaam vir iets wat ek gese of gedoen het nie – selfs nie as kind nie. Is reg grootgemaak. En Donald Trump was nie jonk toe daardie opname gemaak is nie – hy was 58. Dink jy mens se waardes moet teen daardie ouderdom al gevestig wees? Goeie voorbeeld vir sy kinders en kleinkinders, ne? Het jy al gelees wat hy in Time gese het oor Republikeinse stemgeregtigdes?

Jan ·

Vic, jy hoef nie so aan te gaan nie, jy klink soos die Amerikaanse betogers wat in ‘n demokrasie met stemme verloor het en nou na die tyd ongelukkig is. Hou jou Hillary, los ons Trump uit, jy mors jou asem.

Vic ·

Ag Jan, verstaan jy die begrip van vryheid van spraak en gedagte?

Johann ·

En die Amerikaanse uitsaaidienste, van dit was ek kon sien, het nie een keer gewys hoe betoog dit en rig skade aan nie. Nee hulle het nie daai beelde die wêreld ingestuur nie. Hulle het die polisie ingestuur en skoongemaak. 200 betogers is inhegtenis geneem. Dit is waarmee ek met die SAUK en Motsoeneng saamgestem het, maar dan moes die weermag hier by ons ingeroep gewees het en skoonmaak, dit nie op TV wys nie, dat die publiek nie sien hoe daar met die betogers se galle gewerk word nie, dan vat jy die betogers en belhammels se suurstof weg, deur hulle nie blootstelling op TV te gee nie.

giepster ·

VIC , trump is n president , nie n priester nie. So ek hoef nie hom as profeet te beskou nie, en daarom hoef ek en sy ondersteuners nie sy voorbeeld(anders as n priester) te volg nie. Daarom mag priesters nie gay wees nie (anders is hulle vals profete). So as Trump graag koek wil gryp , hoef ek nie saam te gryp nie. Dink eerder aan die arme matwassers wat Clinton (liberaal)se pret moes skoonmaak. Trump is n ware man , en het my respek. Maak hierdie link oop en kyk waaroor ek dink Trump n internasionale redder is.
http://www.liveleak.com/view?i=72e_1484953778

Astra ·

Mag “priesters” geskei wees? Mag hulle klere dra wat van poliëster gemaak is? (ou testament is baie spesifiek oor waarvan klere gemaak moet wees). Indien wel, is hulle dan ook vals profete? Vra maar net. FYI, moenie alle links op internet as feite aanvaar nie. Enige mens kan ‘n opinie op die internet plaas.

Vic ·

Giepster, ek is nie n Hillary of Clinton aanhanger nie – ek hang geen mens aan nie. Trump is n boelie, nie n ware man nie. As jy dink hy’s n ware man, is Jacob Zuma ook n ware man. Selfde gedrag teenoor vrouens. Selfde disrespek vir ander. Selfde selfsugtige, narcissistiese persoonlikheid.. Donald Trump is die ondergang van die Westerse beskawing

Joe Hall ·

Miljoene der miljoene siele wat hul lewens en welstand tydens WO1, WO2, Vietnam, kolonialisme ens ens verloor het, sou vir seker heel gelukkig gewees het indien die Westerse “beskawing” laaaankal reeds sy ondergang beleef het.

Johanna Botha ·

En ons pres het nie net n locker talk opname teen hom nie maar 780 of iets klagtes van korrupsie.. …en het ons land onder ons probeer uitverkoop aan mense soos die guptas en die Chinese …..hel wat n skryende kontras en GROOT skande is ons president en die anc in sy geheel nie.

SP ·

Die sogenaamde geleerdes/verligtes het ons altyd vertel om uit die box en vernuwend te dink,noudat Trump dit doen het hulle n probleem daarmee,kry vir julle.

foxi ·

Ag asseblief Vic……..is jy n klip…….of bloot net skynheilig? Moenie oordeel nie, almal het geraamtes in die kas…….het nog nooit in my lewe n opregte mens ontmoet nie. En ook het elke mens dwalende gedagtenis….of dit nou goed of sleg is.

Vic ·

Ag Foxy, jou veralgemening maak dit nie n feit nie. Almal het definitief nie geraamtes in die kas nie. Jy kan beslis nie almal oor dieselfde kam skeer nie.

mc ·

Baie dankie dat daar nog mense soos jy is VIC, jy gee my hoop, ek stem heelhartig met jou saam, klink of Trump skielik almal se messias geword het, maar die feit bly staan, jy sal tot verantwoording geroep word oor wat jy gedoen en gese het maak nie saak of dit 80 jaar terug was nie, jou geld gaan nie vir jou ‘n “pardon” koop nie. Sodra mens iets verkeerds se van Trump, vra almal skielik vir jou of jy dan ‘n Clinton aanhanger was of kyk na Suid-Afrika. Almal haak net vas by Trump en die politiek, maar niemand kyk na wie en wat hy was voor hy tot die politiek toegetree het nie, hy was alreeds in die openbare oog en het homself ongewild gemaak met sy arrogansie en onaantasbare houding. Hy kan dalk in ‘n uitstekende president uitdraai en daarvoor gee ek hom ‘n kans, maar dis al. Ag jaaaaaa, en nou is ek weer ‘n beswaarde bla bla bla bla……………..

Cornelia ·

Vic en mc. Het julle al gehoor van die vergifnis van sondes? Ons is maar almal afhanklik van God se vergifnis. Ek weet nie wat Trump in sy stiltetyd met God bespreek nie. Maar ek is seker hy vra vergifnis en dat God hom vergewe. Julle opinie is dus van geen waarde nie. Of besluit julle nou wie se sondes vergewe mag word.? En Vic, die bybel sê dat die wat dink dat hulle sonder sondes is, mislei hulleself.

SP ·

Sien Prof Sampie se Trump gaan nie 4 jaar hou nie,hoop ons altwee is oor 4 jaar nog daar om te sien of sy voorspelling korrek was.

genis ·

Vic wat is jou kommentaar oor die feit dat die Obama Administrasie wapens aan Saudi Arabia verkoop het en daarmee al 10 000 burgerlikes in Yemen doodgeskiet het?Wat dink jy sou gebeur het as Clinton President geword het. Net verdere moord en doodslag. Sy voel niks vir haar mede Amerikaner nie. Hoeveel al dood waar sy haar lang neus ingesteek het. Met haar optrede kan ek nie sien dat daar enige Christenskap na vore kom nie.Waarom dink jy het die Amerikaners vir Trump gestem? Sy en Obama en Kerry was ook nie goedgesind teenoor Israel niem Wat se dit vir jou?

Vic ·

Genis, elke administrasie van die VSA in die laaste 100 jaar het al wapens aan mense reg oor die wereld verkoop, en sommer gehelp oorlog maak ook. Die 2Bush administrasies is verantwoordelik vir die destabilisasie van die Midde Ooste, en die res van die wereld gaan vir die volgende 500 jaar die gevolge daarvan dra. Die Reagan administrasie en andere het grootliks bygedra tot die destabilisasie van Suid Amerika, en het mildelik bygedra tot die wapenaankope van verskeie diktators en korrupte regerings. Ek het alreeds gese ek is geen aanhanger van die Clintons nie. Israel is Suid Afrika ook noe goedgesind nie – binnelandse en buitelandse Israelies was groot opstokers tydens die Apartheidsjare, en het nou steeds geen ooghare vir ons nie. Wat dink jy gaan in die midde ooste gebeur as Saudi Arabie val?

Joe Hall ·

Vic
Daar’s ‘n baie simpele en stokoue rede waarom die Israeli’s nie vriende met die huidige regime is nie. Laasgenoemdes se verbintenisse EN lojaliteite oor jare heen met die PLO en hul ondersteuners is die eenvoudige en bekende oorsaak.
Dit wil al lyk asof jy nie kan onderskei tussen die SAKP se joodse lede – Slovo, First, Bernstein, Kasrils, Marcus ens ens ens en Israeli’s wat in Israel woon nie.
:-))

Joe Hall ·

Ag ou Vic.
Ek dink die Israeli’s of die res van hierdie planeet, gee minder as niks om vir ‘n minderheid wit siele – 4 miljoen(?) – wat in ‘n swart staat – 50 miljoen(?) – iewers in Donker Afrika woon.
Wat wil jy nog weet?

Joe Hall ·

Soos dit op hierdie werf gaan, word jou vraag geplaas wat soos myne, geen verband met die onderwerp toon nie Myne wat ook aan al die vereistes van MM voldoen, is snippermandjie toe.
Foeitoggies.
:-)

sue ·

Vic het jy al daaraan gedink dat Trump deur God as president aangestel is. Dat dit Sy wil is. Daniël 4:17…dat die Allerhoogste mag het oor al die koninkryke op aarde en dit gee aan wie Hy wil. EnDan 11:36 wat besluit is sal gebeur. Ons op aarde kan maak wat ons wil. God sal besluit wat gebeur. Jes 14:24 die Here die Alnagtige het ń eed afgelê soos Ek My voorgeneem het so sal dit wees wat Ek besluit het sal gebeur.

Vic ·

Sue, maar volgens jou redenasie is Jacob Zuma dan ook mos deur God aangestel?

peter ·

Vic jy is nie tevrede met Trump of Clinton nie. Nou wat nou. Draadsitter? Waarom lei jy nie Amerika nie? Is jy goed genoeg en foutloos?

Vic ·

Peter, want ek’s nie Amerikaans nie. Is dit regtig die enigste keuse – 2 vuilbek mans, herhaaldelike egbrekers, met die enigste uitgangspunt en einddoel hulle eie verryking? Is dit werklik vir jou aanvaarbaar?

Kobus ·

Gerhard….Soos die Bybel dit uitdruklik stel…”Ons word in sonde gebore”…Wel soos jou kommentaar getuig…Weet ons beslis nou dat Vic reguit Hemel toe sal gaan….Sy sondes is vir hom vergewe nog voordat hy die lewenslig en eerste asemtuug in die wereld ervaar het….Sy stelling maak my erg bekommerd….binnekort sal die Bybel herskryf moet word….nie net in Afrikaans…maar in Grieks,Hebreeus en in enige vertaling wereldwyd….want sy naam moet ook daarin verskyn as n heilige….

Drikus ·

Darem seker nie mooi om so hierbo onder mekaar in te klim nie. Onthou Trump is ‘n politikus. Hy sal mos nou sê wat die mense graag wil hoor. Tog skep hy die indruk van vasberadenheid en gaan ten minste poog om sy land se moraal en ekonomie te verbeter. Al gaan hy sekerlik ook mooi na sy eie belange omsien. Sy toespraak vul mens tog met trots en hoop namens die Amerikaners. Niemand is volmaak. Selfs koning Dawid (Bybelse tyd) het moord laat pleeg om sy owerspel te verbloem. Selfs hy het sy vrou lelik verwerp toe sy hom aanpraat nadat hy in ‘n oomblik van opgewondenheid halfkaal voor sy volk gedans het. Tog word hy beskou as die beste koning van alle tye, omdat hy ook so baie dinge reg gedoen het. Iewers hierin sê iets vir ons dat mens nie sommer net moet klip gooi na andere nie. Gee die man ‘n kans. God is in beheer, nie hy nie.

Anel ·

Wens ons het so ‘n president gehad. Wat eerstens vir sy land en volg omgee en nie meer omgee vir homself en mense van ander lande nie. En wat christelike waardes het. Nie in geeste en toorkuns glo nie!

Vic ·

Wys gerus vir my oor vier jaar hoe hy die armes gehelp het asb. Is jy bewus van een arme wat Donald Trump al gehelp het in sy lewe?

Joe Hall ·

Ek is vir seker ‘n Trump ondersteuner.
Mynsinsiens het hy die verkeerde platform gebruik om op onnodige en harde trant sy voornemens te openbaar. Dink nie dat dit baie oulik is om by ‘n geleentheid wat waardigheid vereis, nog meer skietgoed vir al die teenstanders te gee met ‘n toespraak wat hy reeds by herhaling tydens die verkiesingsveldtog gebruik het nie.
Die ou is vir seker ook dik en gefrustreerd met die onregverdige pers wat hy daagliks ontvang, wat moontlik tot sy toespraak aanleiding gegee het.
As staatshoof moet hy egter teen sulke uitlokking te waak.

Joe Hall ·

Siende dat jy soveel van Trump se doen en late weet.
Vertel ons waar en wanneer het Trump geweier om armes te help en wat die rede daarvoor sou wees.

Nel ·

Viccie oppas net dat daai hoe morele perd wat jy so flink opsaal jou nie straks op jou jiskant gaan laat beland nie – gee die man ‘n regverdige kans om sy staal te wys,

Vic ·

Nel, die man het 70 jaar kans gehad om te goon wie hy is. Ek dink dis oorgenoeg

moira ·

Ek is so trots dat Trump dit reggekry het om die Obama Admin in sy kanon in te stuur. Dankie tog daarvoor. Nou moet S A dit ook probeer regkry om dieselfde met did huidige regime te doen . Goeie voorbeeld van Trump en sy ondersteuners en ek is een van hulle.

du preez ·

Hi ou Vic hoe voel jy oor die feit dat Obama en Hillary ISIS befonds het?

Herman ·

Vic,
Jy kom darem alwetend, volmaak en totaal sonder sonde voor te oordeel aan jou kommentare. En Trump is die een wat narcisties is ? Regtig? Dalk is dit ‘n bietjie tyd vir eerlike selfondersoek vir jou…

Vic ·

Narcissisties ou Herman. Vanaf Narcissis. Nee sien die aannames is joune en ander s’n. Ek het bloot gese ek skaam my nie vir wat ek doen nie.

chrisp ·

So Vic jy het gesondig?
En dit maak jou nie skaam nie? Seker maar baie klein sondetjies?Of nee wag daar is mos nie so iets nie? So se die Bybel.

Nou is ek deurmekaar met jou waardes.

Vic ·

Ou du Preez, ek is nie bewus daarvan dat hulle dit gedoen het tot n meerdere of mindere mate as wat Trump dit sal doen nie. Soos reeds gese, ek’s nie n Clinton aanhanger nie. Is jy bewus daarvan dat jou belastinggeld Isis befonds?

Vic ·

Maar Crisp, hoe lyk dit my jy verstaan nie so lekker nie. Reg grootgemaak. 10 gebooie. Maklik. Moenie oortree nie. Dan hoef jy jou nie vir jouself te skaam nie. Easy peasy.

chrisp ·

Vic jy is reg ek verstaan nie.
Om my te help kan jy asb die vraag reguit antwoord.Het jy sonde al gedoen dws een van die geboeie gebreek? Soos byvoorbeeld ‘n leuen vertel? Indien nie is jy reg jy het niks om oor skaam te wees nie en ek haal jou aan”maklik moenie oortree nie.Dan hoef jy jou nie vir jouself te skaam nie” Indien jy wel al gesondig het(10 geboeie verbreek) het jy volgens jou eie woorde rede om skaam te wees en as jy dus oor niks skaamvoel nie is jy volmaak sonder sonde van geboorte af soos Jesus die twede mens dus sonder enige sonde in die wereld. Verstaan jy my redenasie?

Verstaan jy wat jy se en verstaan jy jouself?
Ek se weer het jy sonde al gedoen? Antwoord net die vraag asb .

Nel ·

Maar Vic hy het getoon wie hy is. Dit sit nie in enige persoon se broek om vier keer te misluk en elke keer weer van voor af te begin en bo uit te kom nie. En onthou die liberale pers het nog altyd hulle mes vir hom ingehad – alles wat hy se en gedoen het is buite perspektief aangehaal en uit verband geruk presies soos wat hulle nou weer doen. So gee die ou ‘n kans, Miskien oortref hy nog jou wildste verwagtinge.

Vic ·

Nel, as hy so doen, skryf ek so vir jou hier deur Maroela en vra vir julle albei om verskoning

du preez ·

Hi Vic ek wag dat jy my vraag antwoord. Jy ken mos al die antwoorde. Moet net nie se dis nie waar nie want dan gaan al die lesers besef jy weet nie waarvan jy praat nie. Ek wag in spanning om van jou te hoor!Die vraag is ook aan alle Anti Trump lesers gerig.

foxi ·

Hierdie Vic moet n besondere mens wees. Hy beweer hy is die onskuld vanself. Sy kommentaar wat hy lewer oor Mnr Trump maak van Vic n mense kenner. O ja…..hy ken seker Mnr Trump persoonlik of hoe sê ek nou. So vêr as wat ek persoonlik kan aflei is Mnr Trump deur horde mense verkies, met n verlede en al. Onthou Konings in die Bybelse tyd was moordenaars ensv en tog was hulle uitverkies. Nou wie is ek en jy Vic om Mnr Trump te veroordeel? Die hede se tyd was baie anders as die moderne van nou. Moet ons jou as n heilige verklaar? Nee Vic…….kom ons vat hande saam en spreek eerder n seën oor Mnr Trump. Wie sal ooit weet waar die wind vandaan kom voor die storm…………

Vic ·

Afgodeaanbiddery is nie vir my die, dankie Foxy – veral die afgode met voete van klei…..

foxi ·

Reg so Vic……..as ons almal net geloof gehad het soos n mosterdsaaitjie……..wie kan deur die hart van n ander sien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.