Regtehof verwerp Vatikaan-kindermishandelingsaak

Pous Franciskus in die St. Petrus-basiliek in die Vatikaan (April 2020) (Foto: AP Photo/pool/Alberto Pizzoli)

Die Europese Hof van Menseregte het Dinsdag ʼn saak deur vermeende slagoffers van seksuele mishandeling deur Katolieke priesters van die hand gewys. Die slagoffers wil die Vatikaan verantwoordelik hou. Die hof het egter gesê die Heilige Stoel, die sentrale bestuursorgaan van die Katolieke Kerk, geniet dieselfde immuniteit wat aan soewereine state toegeken word.

Dié uitspraak kom ná ʼn verdoemende Franse verslag wat “grootskaalse kindermishandeling” sedert 1950 onthul het met ʼn geraamde 216 000 minderjariges wat seksueel aangerand is.

Slagoffers se advokate eis skadevergoeding en vervolging. Pous Franciskus, wat onderneem het om ʼn einde te bring aan priesters wat hulself aan mishandeling skuldig maak, het gesê hy “skaam hom” oor die onafhanklike Franse verslag wat verlede week vrygestel is.

Die hof het egter bevind 24 vermeende Franse, Belgiese en Hollandse slagoffers kan nie vervolging of vergoeding eis teen die Vatikaan se “beleid van stilte” oor die kwessie van seksuele mishandeling nie.

Die eisers, wat hul saak aanvanklik in België ingedien het, se saak is vroeër in ʼn hof en daarna op appèl ook verwerp voor hulle hul na die menseregtehof gewend het. Die groep sê hulle reg tot toegang tot ʼn hof word misken.

“België se erkenning van die Heilige Stoel as ʼn soewereine staat met dieselfde regte en verpligtinge as ʼn staat is onweerlegbaar bepaal,” het die menseregtehof, geleë in Straatsburg, in ʼn verklaring gesê.

Die Vatikaan is ook nie ʼn lid van die Raad van Europa nie en kan dus nie aan die hof se jurisdiksie onderwerp word nie, alhoewel hy geskrewe verklarings as ʼn derdeparty mag indien.

Dit is die hof se eerste saak om immuniteit aan die Heilige Stoel te oorweeg. Daar is wêreldwyd ʼn opstand oor die Katolieke Kerk se versuim om seksuele mishandeling deur priesters hok te slaan en priesters wat in ʼn groot hoeveelheid van die sake nie vervolg word nie.

Twintig van die aansoekers het egter vergoeding gekry deur ʼn arbitrasiekomitee van die Katolieke Kerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Nie Verbaas ·

Immuniteit? So hulle kan maar doen wat hulle wil? Watse vertroue skep dit by die publiek?

Porseleintjie ·

Heilige Stoel?? Net God het ‘n Heilige Stoel. Voor daardie Regter sal almal verskyn en rekenskap oor ons doen en late gee. Geen mens sal dan verhewe wees nie.

RB ·

Absoluut! En Hy is ‘n regverdige Regter – die Woord sê so. Hulle sal beleef wat dit beteken as die Woord ook sê: “vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God” want is Sy Naam en onder die vaandel van ‘in Sy diens’ wees het hulle hierdie dinge gedoen èn doen dit steeds.

As daar ènige integriteit in die huidige pous sou wees, sal hy nie ‘n duit omgee wat watter hof sê. Hy sal doen wat REG is! En stilbly, onaantasbaar wees is baie beslis nie reg nie.

Deon ·

En as jy nou n lid is van die katolieke kerk, geniet jy dan ook dieselfde soewereine regte? Dit is skokkend dat sulke goed gebeur onder n dekmantel van “Christis en kerk”

RB ·

Is dit dalk waarom groot internasionale dwelmbase wat ‘n skrikbewind voer so graag katoliek is?
Het die priesters en polisie lekker in die sak.

Henri ·

Dis skokkend hoe die wet slagoffers ‘n dubbele klap kan toedien.

Maar dit laat my wonder oor die mag van die Katolieke Kerk. Vir jare het ek die idee in my kop om die Katolieke Kerk te dagvaar as ‘n Franse Hugenoot. Vir generasies al ervaar ons pyn en lyding as slagoffers van die herroeping van die edik van Nantes. As Brittanje die Maori’s kon vergoed, kan ons as Franse Hugenote sekerlik ook aanspraak maak op vergoeding? My geskiedenis is ook sleg. Staan die wetgewing nog, of is die herroeping herroep?

ES ·

Solank jy jou bewering kan bewys op ‘n oorwig van waarskynlikhede staan jy dalk ‘n kans. Maar as ek kyk na die berig hier bo, dink ek nie jy gaan baie suksesvol wees nie.

Dit laat my wonder oor hierdie kerk as Christelike instelling… veral as hulle nie hul eie priesters wil vervolg nie.

Arendsoë ·

Skokkend en teleurstellend, dat daar geen geregtigheid geskied nie.

Paul ·

Ek het GEEN respek vir die katolieke kerk en sy pedofiel priesters!!

Esme ·

Die Pousdom as eeue gelede al as die Antichris uitgewys. Hierdie uitspraak is dus nie ‘n verrassing nie. Deur die eeue het dit praktyk geword en steeds gaan dit voort.

Elize ·

Hulle is nes die ANC. Hoe kan mense nog hierdie sondige struktuur ondersteun?

ChrisCrooner ·

Die Vatikaan is die slang…die sluwe draak waarvan die Bybel praat…die wetters bepaal jou daaglikse roete…of jy nou wil glo of nie…

Wielspore ·

Geen instansie of persoon behoort immuniteit te ontvang vir oortredings teenoor kinders. Die belissing skep ‘n model vir pedofiele om te betree en dan hulle sieklike gewoontes uit te leef deur kinders seksueel te misbruik. Die instansie kerklik van aard wat eintlik veronderstel is om kinders te beskerm.

Anoniem ·

Korrek, dis dinge soos hierdie wat mense van die kerk af wegdryf en dan wil hulle boonop immuniteit teen vervolging geniet. Spul sielsiek gemors.

Jack ·

Die kerk maak nie saak watter denominasie word in die dae gebruik om kriminele te huisves en beskerming te gee. Kyk maar ons eie land hoe gaan dit veral met zuma se ondersteuning wat hy van kerkgroepe geniet. Dit is hoekom kerke niks meer beteken vir die geestelike welsyn van mense nie. Wanneer laas het die kerk hom uitgespreek teen misdaad en diefstal en vergrype in ons eens christelike samelewing?

Anoniem ·

Lanklaas, maar is altyd gereed vir die uitdeel van koevertjies.

VaalDonkie ·

Die hof het die regte uitspraak gelewer gegewe die argument. Want die Vatikaan is ‘n soewereine staat en die hof het nie jurisdiksie nie. MAAR, daai priesters kan nog steeds in hul persoonlike hoedanigheid aangekla word want hulle is net gewone mense. En gewone mense mag nie met kinders lol nie.

In my opinie kan hulle maar die Vatikaan afbreek en met die stene veilige skuilings bou vir mishandelde kinders. Maar as jy ‘n saak wil maak, moet jy darem een maak wat ‘n hoop op sukses het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.