Reisverbod na Mauritius opgehef

Argieffoto (Foto; M. M./Pixabay)

Die reisverbod tussen Suid-Afrika en Mauritius is Vrydag opgehef. Suid-Afrikaners kan nou met gemagtigde kommersiële vlugte na Mauritius reis sonder om 15 dae buite die land in kwarantyn te bly.

“Ons verwelkom die besluit deur die Mauritiaanse regering,” sê Arvind Bundhun, direkteur van die Mauritius-toerisme Promosieagentskap (MTPA). “Suid-Afrika bly ʼn prioriteitsmark vir toerisme op die eiland. Ons is verheug dat ons weer ons verhouding kan opbou ná ʼn 18 maande lange reisverbod.”

Kommersiële vlugte na Mauritius hervat op 1 Oktober 2021 deur Air Mauritius, Comair South Africa, SAA en Fly Safair. Vanaf 1 Oktober 2021 sal reisigers van Suid-Afrika, wat ten volle ingeënt is, by enige hotel, oord of akkommodasie van hul keuse kan tuisgaan en vrylik op die eiland mag rondbeweeg.

Reisigers wat nie ingeënt is nie, sal 14 dae kwarantyn in ʼn staatsfasiliteit moet deurbring.

“Mauritius het hard gewerk om protokol te ontwikkel en te implementeer wat reisigers en burgers so veilig as moontlik kan hou teen Covid-19 en die impak van die pandemie. Reisigers kan verseker wees van die regering se toewyding tot die gesondheid en veiligheid van alle reisigers,” het Bundhun bygevoeg.

“Suid-Afrikaners mis die Mauritius wat hulle ken en liefhet – van die wit strande tot die blou see en lug, ons vriendelike mense en soveel meer. Mauritius is gereed en ons sien opgewonde daarna uit om Suid-Afrikaners terug te verwelkom.”

Sien ʼn volledige lys van Covid-19-protokol by www.mauritiusnow.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pietertjie ·

Ek dink nie die virus steur hom aan protokolle nie, hoe goed die bedoeling ookal mag wees.

Johan ·

Nee wat dankie. Covid protokol = magsvergryp en enige iemand wat dink dit werk is bitterlik naïef. Beste medisyne is natuurlike immuunstelsel.

ES ·

Johan, jou natuurlike immuunstelsel beveg ook die verswakte virus in die entstof?

Dirk Mostert ·

Dis ‘n inspuiting met ‘n onheilige konkoksie wat nie vooraf getoets is nie en bevat nie verswakte virusse nie.

ES ·

Dit gaan al meer ‘n voorvereiste word om die entstof te kry voordat jy sal kan reis of na enige plek oorsee kan gaan en werkgewers soos Discovery het alreeds al hul werkers verplig om teen Januarie 2022 ingeënt te word.

Kaptein67 ·

Yippeee… Nou kan ons weer Mauritius toe. Ek stem saam, as jy nie wil inent nie, bly maar by die huis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.