Rekening met Merkel vereffen: AfD breek deur in Duitse verkiesing

Die Duitse bondskanselier, Angela Merkel. Foto: Commons.wikimedia.org

Daar was geen feesgevoel op die strak gesigte langs bondskanselier Angela Merkel ná die Duitse parlementsverkiesing op 24 September nie. Haar party het met 32.8% van die stemme ’n vierde keer gewen. Hoewel die Duitse ekonomie sterk is, het baie kiesers egter die rekening van haar besluit om ’n miljoen buitelandse migrante in 2015 toe te laat vereffen.

Meer as ’n miljoen kiesers van die Christen-Demokrate (CDU) en Christen Sosiale Unie (CSU) het oorgeloop na die jong Alternatief vir Duitsland (AfD). Die CDU het die slegste ooit onder Merkel se leiding gedoen en die tweede slegste in sy geskiedenis. Merkel self het dit gister nie weggesteek nie: “Ons hoef nie lank daaromheen te praat dat ons ’n beter uitslag verwag het nie.”

Meer as 20% van die CDU en CSU se kiesers het elders gestem. Van hul 309 parlementslede in die vorige parlement is sowat negentig parlementlede en hul medewerkers nou werkloos. Daar sal vermoedelik nou ’n stryd binne die CDU en CSU wees oor of hulle ’n nog strenger migrasie en veiligheidsbeleid moet volg.

Vernederde Sosiaal-Demokrate

Merkel se koalisievennoot, die Sosiaal-Demokrate, het nog swakker gedoen en 20% van die stemme gekry, 5% weg in steun of ’n verlies van sowat 25% steun. Van 193 parlementslede in die vorige parlement is 55 parlementlede en hul medewerkers nou werkloos. “Spookagtige gejubel by ’n vernederde party”, lui een van die koerant Die Welt se opskrifte hieroor.

Die grootste skok vir die hoofstroommedia is die opkoms van die Alternatief vir Duitsland (AfD), wat sowat 13% van die stemme gekry het. Die AfD is nou die derde grootste party, nadat dit in 2013 as pasgestigte party nie oor die 5%-kiesdrempel kon kom nie. Meer as drie miljoen kiesers het vir die party gestem. Meer as 84 parlementslede en sowat 350 medewerkers trek nou vir die eerste keer die parlement in.

Die markliberale FDP is ná ’n goeie veldtog met 10,3% terug in die parlement. Die Groenes en die sosialistiese Linke het beide ongeveer 9% stemme, dit wil sê effense groei. Merkel sal vermoedelik met die FDP en Groenes die eerste gesprekke voer oor ’n moontlike koalisie. Die Sosiaal-Demokrate het voorlopig besluit om liewer as opposisieparty voort te gaan. Sowat 75% van die Duitse kiesers het gestem, meer as 3% meer as in die vorige verkiesing in 2013.

AfD se sukses

Die AfD se sukses oorheers die toon in die Duitse media. Sommige oordramatiseer dit as Weimar-toestande, ’n verwysing na die onstabiele tydperk in die 1920’s wat Hitler se opkoms moontlik gemaak het.

Die AfD is wel ’n jong party vol strominge, korrelkoppe, talentvolles en amateurs, en ’n hoogs onderontwikkelde organisasie. ’n Mens kan nog baie drama verwag weens hul provokerende benadering tot politieke taboes.

Die bestaan van die AfD het in die afgelope jaar reeds die Duitse politieke debatte rondom veiligheid, migrasie en identiteitspolitiek grade nader aan hul eie uitgangspunte verskuif. Die standpunte van die CDU, CSU, SPD en FDP hieroor is nou anders en kritieser. Dit weerspieël ’n wyer opkoms in Europese identiteitspolitiek, soos wat die boek Kultuurvryheid en selfbestuur (Kraal Uitgewers 2017) aandui.

AfD-kiesers is deursnee-Duitsers

Koerantstories dat AfD-kiesers veral sogenaamde antidemokratiese verregses is, bots met die werklike kieserspatrone hier. Volgens ontleders het sowat 1,2 miljoen kiesers wat nog nooit gestem het nie, ook nou vir die AfD gestem. Die AfD het dus daarin geslaag om byna 40% van sy kiesers as nuwe kiesers by die demokratiese stelsel te betrek.

Die politieke wetenskaplike Volker Kronenburg beoordeel die rede hiervoor soos volg: “Die AfD het tydens die kiesstryd die bekommernisse van die burgers aangespreek. Die SPD het hierdie temas tydens die kiesstryd wyd vermy. Dit was duidelik die verkeerde manier om nie-stemmers te mobiliseer.” Infratest se meningsopnames onder AfD-kiesers bevestig sy ontleding.

Die party het inderdaad nasionalistiese elemente naas sy burgerlike en liberaal-konserwatiewe elemente, maar hulle is vreedsaam. Meer as ’n miljoen AfD-kiesers, of sowat 30% van sy kiesers, het voorheen vir die Christen-Demokrate gestem. Sowat 450 000 het voorheen vir die Sosiaal-Demokrate gestem en sowat 400 000 vir die sosialistiese Linke-party. Byna 30% van die AfD-kiesers kom dus uit linkse of linkssentristiese partye.

Toekomspolitiek

Europa staan voor nuwe uitdagings op sy oosgrense en suidgrense, en ook wat sy interne ontwikkeling en internasionale posisie betref. Om dit te bemeester, benodig Duitsland demokratiese partye met ’n gebalanseerde uitkyk en met genoeg steun van hul burgers.

Die Duitse demokrasie is ná hierdie verkiesing kerngesond. Anders as elders in Europa het die Christen-Demokrate en Sosiaal-Demokrate steeds ’n meerderheid. Hierdie partye het egter oënskynlik baie burgers se sorge nie duidelik genoeg verstaan nie: ’n gevoel van onveiligheid, vrees vir verswelging deur onselektiewe massamigrasie, en die aantasting van hul kultuurdomein en welvaartstaat.

Die AfD het nie noodwendig oplossings vir alle probleme in Duitsland nie. Die party het wel baie burgers se aansprake ernstig beskou en benoem, en is daarvoor beloon. Die koek is nou een-agste kleiner vir die groot partye, en hulle sal na hulle burgers en kiesers moet luister om verdere verliese te keer. Hopelik sal hierdie les van die Duitse parlementsverkiesing van 2017 insink by die Christen-Demokrate en Sosiaal-Demokrate van Duitsland.

Dr. Heinrich Matthee is ’n politieke ontleder vir bedrywe in Europa.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Heinrich Matthee

Dr. Heinrich Matthee beklee die ere-leerstoel in veiligheidstudies by Akademia en is ʼn politieke ontleder in Nederland vir bedrywe in die Midde-Ooste.

Deel van: Meningsvormers, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Rupert Ashford ·

Interessant dat iemand hier by Maroela onlangs te vertelle gehad het dat die “populistiese ver-regse aanslag” (dit is nou meeste ouens wat anti-migrasie en vir volksnasionalisme is – eintlik enigiemand wat aan die regterklant van sosialisme staan) afgeslaan is en dat Europa nou in vrede kan voortgaan met hulle planne. Dinge lyk egter anders in die praktyk, ne. Maak geen fout nie, net soos Le Pen en Wilders is die AfD in sy kinderskoene met genoeg amateurs, opportuniste, malkoppies en veral interne rysmiere dat daar nog heelwat skandes sal wees. Vertroulike vergaderings se inhoud sal “gelek” word en mal dinge sal in onbewaakte oomblikke gese word. En die pers, “celebrities” en ander meelopers van die “establishment” sal op hulle hardste elke klein stukkie detail daarvan uitbasuin, uit verband ruk en verdraai om hierdie beweging ook te probeer sink soos hulle elders in die wereld doen, maar die feit is ‘n klein vuurtjie is aangesteek onder die gewone mense wat uitverkoop is deur die politiese klas. Die vraag is net of die meerderheid sal wakkerskrik voor dit te laat is. Welgedaan aan die Duitsers wat reeds wakkergeskrik het.

JC ·

Wonderlik!!!! Toe nie so ‘n saai verkiesing nie ne…
Go AfD!!!
Wat se ons Duitse Afrikaanssprekende vriend Merkur hiervan? Sal sy opinie interessant vind.

Merkur ·

JC
Ek geniet die klein politiese aardbewing hier terdee. Die AfD het tóg tot ´n sekere mate almal se planne lekker deurmekaar gebring.

En ek geniet Rupert Ashfort se „meelopers“. Daar sal altyd genoeg meelopers wees wat altyd draai soos die wind.

Merkur ·

Of liewer: daar sal ongelukkig nooit ´n tekort aan meelopers wees nie.

Eish ·

Persoonlik dink ek dat politici hopeloos te veel mag verkry met verkiesings. Daar duik soveel krities balangrike kwessies tydens die regering se 4 of 5 jaar van bewind op, wat tog soos hier, kiesers kan vervreem. Kwessies wat belangrik is, soos die immigrasie van hordes, behoort eerstens aan n referendum onderwerp te word synde die impak daarvan op die bevolkingsamestelling, werksgeleenthede, veiligheid, kostes vir die staatskas, behuising en waardes te verreken. Laat die burgery daaroor n mening vel, want hul loop deur onder belasting, terrorisme, gebrek aan werksgeleenthede, toename in misdaad en vernietiging van waardesisteme. Politici is grootliks verskans teen die gevolge op voetsoolvlak.

elize ·

ek is geskok oor die leuns wat hier versprei word:
1. is die AFD party nie die deursnee duitse kiesers nie!
2. het hulle 13% gehaal en nie 40% nie-
hierdie berig is pure progaganda!!!
gelukkig is die meerderheid duitsers nie so rassisties en onopgevoed soos die afd ondersteuners wat geen agenda tot dusver kon voorle nie!

Ada ·

Ek is so bly Merkel het bloedneus gekry.Hopelik sal sy die immigrante nou terugstuur na waar hul vandaan kom.Hulle het lank genoeg gekuier. Die Duitsers wil n Duitsland he nie n deurmekaarland met vreemdelinge wat nie daar hoort en n gevaar vir die Duitsers inhou nie.Ek hoop die libs neen kennis.

bollie ·

Een van die dae is jy dalk ‘n gedwonge emigrant/vlugteling wat in Duitsland wil inkom. Dan sê daai verregses vir wie jy nou so tjeer, nee dankie. Pasop wat jy ander mense toewens wat in nood is.

Merkur ·

Ada is nie verkeerd dat baie asyl soekers vir ander redes as vir veiligheid, in Duitsland is nie.
600 000 mense wie se asyl aansoeke wettiglik afgekeur is, weier om die land te verlaat.
Siriërs se aansoeke in Duitsland is almal goedgekeur. Maar sedert Januarie 2017 het al meer as 600 000 Siriërs teruggekeur na Sirië uit omliggende lande soos Jordanië en Turkye. Die Siriërs in Duitsland wil nie terug keer om hulle land weer op te bou nie. Eerder dring hulle daarop aan dat familielede ook nog na Duitsland moet kom.

Therese van Schalkwyk ·

“Strak gesigte” van die Duitse politieke ‘elite’ en dit omdat hul mede-Duitsers met reg verswelg voel deur vreemdes en hul stembriewe die praatwerk laat doen het. Hoe verheug en verlig voel hierdie liefhebber van Europa nie nou nie. Daar is nog ‘n sprankie hoop!

Veels geluk aan die AfD, mag hul van krag tot krag gaan. Verwag ‘n felle en meedoënlose aanslag deur die media en vyandige linkses, maar ten minste word hul nie geïgnoreer soos Geert Wilders se party in die “Nederlandse demokrasie” nie.

Therese van Schalkwyk ·

Merkur hou heel waarskynlik nog ‘party’!

Merkur ·

Hallo Therese!

Het ‘n klein bietjie geparty :-)
13 % is minder as wat ek verwag het maar nog steeds goed vir ‘n begin. In Oos Duitsland het die AfD 20 % en meer gekry en is tweede sterkste party. En in Bayern (waar die CSU in die plek van CDU aantree) het die CSU (gelukkig) meer as 10 % verloor aan die AfD. Dit gaan moeilik wees om ‘n koalisie met o.a. groenes en CSU tot stande te bring.

‘n Goeie Informatiewe en neutrale artikel.

Therese van Schalkwyk ·

Baie dankie, Merkur!

Die AfD se 94 setels in die Bundestag is verblydend en hulle behoort soos ‘n taamlike fris briesie daar deur te trek! :-)
Net teleurstellend dat hulle ook géénsins oorweeg word vir koalisievorming nie, presies soos in Nederland. Wat het tog van die wêreld geword dat patriotisme ‘n vloekwoord is en vreedsame “verregses” klaarblyklik meer verafsku word as bomplantende terroriste?

Mooi bly en “Prost”!

Sebastiaan ·

Goeie, gebalanseerde ontleding. Geluk aan die skrywer.

Heinrich Matthee ·

Dankie Sebastiaan. Dit is opvallend dat sommige kommentators die AfD as ‘n Oos-Duitse party probeer inperk. Dit is ‘n skewe prentjie, hoewel die party in die ou Oos-Duitse deelstate wel die eerste of tweede party is. Die AfD se finale stemsyfers was nie bekend toe ek dit geskryf het nie, en blyk nou sowat 5.8 miljoen stemme te wees, wat hulle sowat 94 setels gee. Dit beteken dat onder die 3.8 miljoen kiesers wat bygekom het sedert 2013 se verkiesing, toe dit net meer as 2 miljoen stemme gekry het, die 1.2 miljoen voormalige CDU-kiesers bv. sowat 30% vorm. Van die AfD se 5.8 miljoen kiesers is meer as 4.1 miljoen of twee-derdes uit die Wes-Duitse deelstate, dit is reeds verteenwoordig in talle Wes-Duitse deelstaatparlemente, en die meeste prominente leiers se wortels is in die Wes-Duitse deelstate. Sosiale profielstudies van die party se kiesers dui aan dat dit nie ver afwyk van die deursnit op die bevolkingspiramide nie: sterk gewortel in die arbeidersklas en die klein ondernemer, veral diegene tussen 35 en 65, en met steun onder goed opgeleides, geldelik selfstandiges en selfs groot sakelui (4%). Die party sal soos reeds vandeesweek geblyk het nog baie wisselstrome beleef voor dit meer professioneel en gevestig is . Dit is egter na twee verkiesings ‘n deel van die Duitse partylandskap en sal dit – blykbaar tot vele se vreugde of verdriet – ook so bly.

Rodger ·

Netjiese verslag…ons kort meer sulke objektiewe beriggewing in SA. Plaaslike media te eensydig. PS. Die Duitsers leer stadig…altyd gedink hul is slimmer.

elize ·

hierdie “verslag” soos jy dit noem in pure propaganda… ons woon 10 km van die duitse grens en dit al vir 30 jaar….

John ·

Baie gaan in die volgende paar jaar gebeur. En die plooie op die Duitse antie se gesig gaan toeneem, want die nuwe burgers wag net hul kans af om hul merk te maak.. en stil gaan hulle nie stil wees nie… daai torinkies… Die Duitsers gaan nog wens hulle het liewers nie die Jode bygekom nie.

BenaYaHU ·

John
Na aanleiding van die laaste gedeelte van jou kommentaar sal ek jou aanraai om die WARE geskiedenis na te vors.. eerlik en sonder voorbehoud – en jy sal verstaan wat die ware toedrag van sake was aangaande Roosevelt, Churchill, Hitler, die Khazars/Zioniste, ens. ..
Dit wat deur die ‘hoofstroommedia’ uitgebasuin en deur Uitgewers (meestal in besit van Zioniste) in “geskiedenis”boeke vervat is, is merendeels propaganda!

jaco ·

merkel is op 22 November vanjaar reeds 12 jaar lank kanselier van duitsland. Hitler het daardie posisie vir 12 jaar en 3 maande beklee. So Merkel is vinnig besig om hom in te haal. sy moet eerder stilbly met haar kritiek oor “regsgesindes”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.