Rekordbedrag in Duitse lotery gewen

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man uit die weste van Duitsland het ʼn rekordbedrag van €76.9 miljoen (sowat R1.3 miljard) ontvang nadat hy die grootste bedrag nog in die Duitse lotery gewen het.

Andreas Koetter, die besturende direkteur van Duitsland se lotery-organisasie, het die wenbedrag as ʼn “groot, vet Paaseier” beskryf. Die organisasie het gesê die wenner, wie se identiteit nie bekendgemaak mag word nie, het slegs een kaartjie gekoop.

Vroeër vanjaar het ʼn persoon uit dieselfde gebied in Duitsland met €49.7 miljoen weggestap.

Die meeste geld wat nog ooit in ʼn Europese lotery gewen is, is €90 miljoen. Dit is in 2015 deur iemand in die Tjeggiese Republiek gewen. Volgens Duitsland se loteryorganisasie is die statistiese waarskynlikheid om die boerpot te wen, 1 uit 95 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maria van Dieweeck ·

Sjoe dis n grote, kan nie help om te wonder of SA Lotto n klugspul is nie, hoor nie eintlik iets nie

Blondie ·

Of wonder ekke of hierdie een nie maar ook n klug is om mense na die lottery te trek nie…wonder maar net….

Joey ·

Ek persoonlik dink dis belaglik – As dit waar is – Die organiseerdes moet n top bedrag vasstel en sodra dit bereik word met geen wenner moet hulle die geld in die anders wenners af ondertoe verdeel sodat die onderste ou ook darem kan se – hy het iets gewen Wat dink julle Wat maak een persoon met soveel geld Ek sal uitdeel vir n vale

Uys ·

Ek wil net graag weet Maroela, as ek ń bedrag skryf is dit R xxx.xx
Is dit nie die gebruik wêreldwyd maak nie saak watter geldeenheid ter sprake is nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Uys

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit is inderdaad die regte gebruik, ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johann ·

Sjoe, wat ‘n klomp geld! As dit myne was, was ek waarskynlik ryker as ons eie no 1! (^_-)

Jef ·

As jy soveel geld wen dan moet jy sien hoeveel sogenaamde vrinne jy by kry want hulle sal jou help om die geld uit te gee en selfs jou grootste vyand sal in die ry staan om jou tjommie te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.