ʼn Witrenoster is Dinsdag in die vroeë oggendure van sy horings gestroop in die Thiory-dieretuin in Parys, Frankryk.
Vince, ʼn vierjarige renosterbul, is drie keer in die kop geskiet waarna sy horings met ʼn kettingsaag verwyder is. Die een horing is slegs gedeeltelik afgesaag en daar word vermoed die stropers is gesteur of hul toerusting het onklaar geraak. Die personeel het teen dagbreek op die renoster afgekom.
Daar is nog ʼn 37-jarige renosterkoei en ʼn vyfjarige bul in die dieretuin. Dié twee is ongedeerd.
Die verdagtes het deur die buitenste hek en twee deure gebreek om by die renosters uit te kom. Die polisie ondersoek die voorval.
Dit is volgens die dieretuin die eerste voorval van sy soort in Europa.
Verlede jaar is daar meer as 1 300 renosters in Afrika gestroop. Daar word geskat dat daar wêreldwyd tussen 19 500 en 21 500 witrenosters oor is. Daar is nog net minder as 5 500 swartrenosters oor.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Dis siek! Skokkend, skokkend!
Inside job……wil jy vir my sê niemand het die kettingsaag gehoor nie……
Vreeslik!! Skokkend, so hartseer. Hoop hulle hou die ander nou baie veilig.
Nou waar is daar n regverdige kans vir hierdie diere vir survival?
Miskien sal die buitewêreld se ogies nou oopgaan en hulle uiteindelik sien waarmee ons te kampe het.