‘Renosterstroper’ doodgeskiet

Argieffoto: viechfisch, Pixabay

Die Keniaanse wild- en omgewingsowerhede (KWS) het ʼn operasie van stapel gestuur om ʼn vermeende gewapende stroper op te spoor nadat sy makker tydens ʼn skietgeveg by Solio Ranch, noord van Nyeri, doodgeskiet is.

KWS het Sondag in ʼn verklaring gesê die vermeende stroper kon daarin slaag om tydens die skietery te ontsnap.

“Vrydag omstreeks 22:25 is opgemerk dat daar deur een van die reservaat se heinings gebreek is. Hinderlaagspanne is herorganiseer en omstreeks 02:00 het een van die spanne twee vermeende stropers opgemerk wat na hulle toe loop,” lui die verklaring.

“Die span het die verdagtes gekonfronteer en hulle het op die KWS-span losgebrand, wat teruggeskiet het. Een van die vermeende stropers is doodgeskiet.”

Luidens die verklaring is verskeie items in die oorledene se besit gevind, waaronder ʼn boog en twee pyle, ʼn veeartspyl, ʼn mes, ʼn selfoon en ʼn ID-kaart en ander persoonlike dokumente. Die ander vermeende stroper het in die donker bosse in ontsnap, maar sy spore is gevolg waar dit by die reservaat uitgegaan het. Owerhede is tans steeds op sy spoor.

“Die stropers is voorgelê voor hulle iets kon doen en geen van die renosters is geraak nie. Die saak is by die Nyeri-polisie aangemeld wat die toneel besoek en ʼn ondersoek van stapel gestuur het. Die KWS doen ʼn beroep op die publiek om na vore te kom met enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagte kan lei,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

Suid Afrika kan gerus by Kenia gaan leer hoe dit gedoen word.

M'Lady ·

Welgedaan KWS. Hierdie stropers moet weet daar is geen plek vir hulle op hierdie planeet nie.

PJC ·

Ek voel wildstropers moet op dieselfde manier mee gehandel word as wat hulle met die wild doen wat deur hulle gestroop word.

Hanlie ·

Go Kenia! ‘n Land wat omgee vir die natuur en sy diere. Net soos hulle die olifante gered het, sal hulle die renosters ook red! Suid-Afrika kan beslis by julle ‘n paar lesse leer oor natuurbewaring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.