Replika van Titanic gaan oorspronklike roete aanpak

Titanic II (Blue Star Line)

ʼn Replika van die Titanic gaan in 2022 die oorspronklike skip se beplande roete aanpak.

Die projek, ter waarde van US$500 miljoen is aanvanklik in 2012 aangekondig, maar is opgeskort weens finansiële probleme. Blue Star Line het gesê die kwessies is intussen opgelos en konstruksiewerk het hervat.

Clive Palmer, Australiese miljardêr en voorsitter van Blue Star Line, het gesê die skip sal “dieselfde binnenshuise ontwerp en kajuituitleg hê as die oorspronklike skip”, maar met “moderne veiligheidsmaatreëls, navigasiemetodes en 21ste eeuse tegnologie”.

Die skip sal eers van Doebai na Southampton in Engeland vaar en daarna na New York. Die oorspronklike skip het op 15 April 1912 gesink toe dit ʼn ysberg tussen Southampton en New York getref het.

Die eetkamers word noukeurig volgens die oorspronklike uitleg ontwerp en passasiers sal dieselfde spyskaart as die oorspronklike passasiers geniet. Die skip het akkommodasie vir altesaam 2 400 passasiers en 900 bemanningslede. Passasiers sal kaartjies kan koop vir eersteklas, tweedeklas en derdeklas, net soos die oorspronklike Titanic.

RMS Titanic het teen 23:40 op 14 April 1912, op pad na New York en vier dae nadat sy Southampton, Engeland, verlaat het, ʼn ysberg getref. Sy het teen 02:20 gesink. Van die 2 224 mense aan boord het 1 514 in die ramp omgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

JJS ·

En in tussentyd het die meeste mense al gesien dat dit slegs ‘n media se ding was na hulle gehoor het daar is meer kompartemente om die skip bo te hou… die arme skip bouer word steeds gesien as ‘n godslasteraar deur plat aarde mense…

Joe ·

Kan nie wag nie, is nou al baie lank op die waglys! Gaan n belewenis wees.

Cecile Smith ·

Amazing! Congratulations on your work and achievements!

Netso ·

Mensdom verbaas my by die dag meer! Die eerste een was ñ flop wie gaan nou so graag weer probeer kyk of dit dryf ? Sleep maar ñ spaar boot agterna asb?

Joe ·

Daar was al hoeveel kar ongelukke…jy gestop om te bestuur? al soveel lugrampe…jy gestop om te vlieg? nee wat, die gaan great wees…

koos1 ·

Joe, nee. Maar as dit op die oorspronklike roete gaan vaar, dan moet dit mos op die oorspronklike plek sink ook?
Miskien moes die berig gelees het “oorspronklike beplande roete”?

Wie weet ·

Not even God can sink this ship Ja Ja en toe…. wonder of hul dit weer gaan se

JJS ·

Dit was nie die skipbouer gewees nie, slegs media. So jy sal vir my wil vertel God sal 1500 mense doodmaak net om die media verkeerd te bewys??? Nee, dit was blote menslike foute op die aand.

Lena Jonk ·

Kan goed onthou toe daarskip ter see gegaan het, het daardie persoon gese dit is so goed gedoen nie eers God kan dit laat sink nie. Wat gebeur toe, God laat nie met Hom spot nie Hoop hierdie een sal die doel slaag want altyd so baie onskuldige wat daaronder ly.

Nettie ·

Dit is om die Noodlot uit te daag ……………. Nee wat, dankie – ek bly maar eerder op “terra firma” – laat diegene wat die tjeld het, dit maar waag.

Baardman ·

Ek ook ek bly maar op moeder aarde die plek van Rickus in 7 de Laan

Al ·

Gits is ek bygelowig? Maar nee, al sou ek die geld hê om so ñ reis aan te pak, vaar maar verby, dankie!

Nettie ·

@Anton: definisie van “noodlot”:

n Onvermydelike en dikwels ongunstige lot. Die noodlotsleer, of fatalisme, is die opvatting dat alle gebeure deur die goddelike wil of deur ’n bomenslike mag bepaal word, dat elke gebeurtenis moet plaasvind soos dit plaasvind omdat dit voorbestem is. Nie ’n Bybelwoord of -leerstelling nie.

Daar’s hy ……….. nou het jy jou Afrikaanse taallessie vir die dag gehad. Mooi dag!

Albatros ·

Ek is seker dis wat die eerte passasiers ook gese het :)

Staak saam ·

Dit lyk net na n replika maar glo dit, as ek n vergelyking kan waag, dis n Beatle met n Porche onderstel en motor in, hierdie skip is brieër as die Titanic en het ook n moderende skeepraam.
Hierdie skip is nie 1910 tegnologie nie en is so veilig soos enige ander passasier skip, onsinkbaar, beslis nie!
Joe geniet jou reis en kom vertel ons.

wolla ·

Omtrent ‘n derde van die mense aanboord die Titanic het die ramp oorleef. Nogal baie, ek het altyd gedink dit was minder.

Jakalas ·

Hierdie matskapy het al die plan in limbo sederd 2012 en het nog niks uit gerig nie. Ek sal hulle glo as hy eers op die water is.

Susan ·

Lyk mooi binne. Hoop dis updated en ni te veel by 1912 se designs vas gehaak ni. En dan ook wonder ofhulle by di plek waar so baie hulle lewens verloor het sal anker gooi en n minuut se stilte sal he om eer te betoon ??

marius ·

Aardvewarming behoort die odds in hul guns te swaai. Hoeveel reddingsbote het hul hierdie keer? Ek dink dit gaan nogal iets wees om te aanskou.

Ladybug ·

Haha! nou lekker gelag na al die depressiewe komentaar van die meeste mense hierbo

Rein ·

Oooo gonna..hopelik is dit nie die “tip of the iceberg” weer nie …

Parlement ·

Ek dink baie van ons Politieke manne/vroue kan gerus begin om kaartjies te koop terwyl die ‘staatsmark’ oop is

Sulet ·

Ek sal te bang wees om in derde klas te bly maar seker al wat ek sal kan bekostig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.