Republikeine en demokrate bereik dooiepunt, regering gesluit

donald trump

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Alex Brandon

Pres. Donald Trump en republikeinse wetmakers het Saterdag ʼn dooiepunt bereik met demokrate oor die Amerikaanse regering se sluiting. Die republikeine het gesê hulle sal slegs verder oor die kwessie van immigrasie onderhandel as die regering heropen word.

Reuters berig finansiering vir federale agentskappe het teen middernag opgedroog met nog geen ooreenkoms in die kongres nie. Dit beteken wesenlik dat Trump se tweede jaar as president sonder ʼn funksionerende regering begin het.

Die demokrate het by hul eis gebly dat enige korttermyn-wetgewing beskerming vir jong, ongedokumenteerde immigrante, ook bekend as “dreamers”, insluit. Die republikeine het weer op hul beurt gesê hulle weier om verder oor immigrasie te onderhandel tot die demokrate vir hulle die stemme gegee het wat hulle benodig om die regering weer te heropen.

Vir die eerste keer sedert Oktober 2013, toe ʼn soortgelyke verloop vir 16 dae aangehou het en net die mees noodsaaklike staatswerksaamhede nog aan die gang was, is federale werknemers aangesê om by die huis te bly of in sommige se geval, om sonder betaling te werk totdat die nuwe finansiering goedgekeur is.

Die republikeins beheerde senaat en die huis van verteenwoordigers het Saterdag ʼn rare naweeksessie gehou terwyl ʼn politieke krisis hulle in die gesig staar wat moontlik die kongresverkiesings in November kan beïnvloed. Teen 19:00 het albei partye mislukking erken, handdoek ingegooi en ooreengekom om Sondag verder te werk.

Mitch McConnell, die leier van die senaat, het gesê die senaat sal Maandag vir wetgewing stem om die regering tot 8 Februarie te finansier tensy demokrate toestem dat dit vroeër gehou kan word.

“Ons sal môre weer terug wees op ons pos en onderhandelinge voortsit tot tyd en wyl demokrate vir wetgewing stem wat die regering weer sal heropen,” het McConnell gesê.

Volgens Sarah Sanders, woordvoerder vir die Withuis, sal die president nie onderhandel oor immigrasie alvorens die demokrate “ophou speletjies speel en die regering weer heropen nie”.

Die regering moes sedert die aanvang van die nuwe finansiële jaar in Oktober met drie agtereenvolgende tydelike finansiering-wetsontwerpe worstel.

Trump het op Twitter getwiet: “Dít is die eenjaarherdenking van my presidentskap en die demokrate wou vir my ʼn oulike geskenk gee.”

Volgens die departement van verdediging sal die operasies in Afghanistan en ander militêre aktiwiteite steeds voortgaan en federale wetstoepassers ook op hul pos bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Scipio ·

Duidelik is die demokrate Schumer en Pelosi hier besig met baie dom speletjies. Hulle wil Amerikaanse salarisse weerhou van Amerikaners, omdat die Republikeine nie verblyfreg aan honderde duisende onwettige immigrante wil toestaan nie? ?

Dan moet ons darem net ook onthou dat die “fake news” ons NIE vertel, dat ons hier van die VSA praat, en dat daar vooruit begroot word nie. Alle staatsverpligtinge tot Augustus 2018 is reeds n jaar terug reeds goedgekeur. Die “krisis” sal dus eers oor n bietjie meer 7 maande eers werklik begin….

alwyn burger ·

Die Demokrate , soos die Zuma-iete hier plaaslik, veg nou om oorleweing.(vertragings ,karaktermoord op die President kan te wagte wees). Is dit die begin van die einde van die Demokrate?. Is die Rede besig om te oorwin in dié VSA?

PJC ·

Kan nie glo dat die demokrate sulke swak verloorders en so onverantwoordelik is nie.

Kobus ·

Ons in SA gewoond daaraan…ons belastingsgeld gaan na sekeres se sakke,maar die administrasie het nie geld om te funksioneer.

Alida ·

DT het geleerdheid hy het lankal vergeet dat hy std3 geskryf het en hy ken nie van bokke oppas nie.

Jan ·

Dis duidelik dat die Demokraat Party doelbewus die burgers van die VSA verag en geen respek het vir nasionale belang & veiligheid van die landsburgers nie

Vermeende ·

Die demokrate kan net nie n nederlaag hanteer nie, ek sien dit so dat die demokrat wat die verkiesing verloor het nou die hele VSA guiselaar hou.
In n demokratiese bestel regeer die meerderheid mos en nie die minderheid nie. Wie se skuld is hierdie sluiting dan………die demokrate en nie Trump nie!

Erick ·

Geen ordentlike Amerikaner sal hulle tyd, geld of stem aan die Demokrate gee nie.

Callie ·

Dit oor immigrante wat vir sekeres meer tel as hul eie mense. Dit was n groot oorsaak van armoede in SA. Hoe kan niemand sien dat Trump vir sy eie mense se voortbestaan veg nie

Daan ·

Eat Trump gesê het oor afrika dink ek tel oor vir die afrika media.

Daan ·

Wat Trump gesê het oor afrika dink ek tel oor vir die afrika media.

Gwen ·

“Rare” in die 5de paragraaf behoort eintlik “ongewoon” of ’n sinoniem daarvan te wees. Nie goeie vertaling nie, Maroela.

Piet ·

Gwen het in elk geval die kat aan die stert beet. Raar is mos nie n anglisisme nie?

lisaan ·

Snaaks dat Republikeine ook teen hul eie party gestem het.

Callie ·

Weereens die siek politiek korrektes. Genade, gaan lees en kyk waarnatoe is alles op pad. Sal nie stop tot die witman oor die hele wereld voor ander nasies moet kruip nie. As jy nie glo nie, vra vir Engeland wat is besig om met hulle te gebeur. Wat gaan julle laat wakker skrik.

Scipio ·

Selfs Trump se grootste kritici onder die Republikeine in die Senaat (oa Bob Corkeren Jeff Flake) het ten gunste van die begroting gestem. Mitch McConnell en die ander het gesien hulle gaan nie die vereiste 60 stemme kry nie, en daarom daarteen gestem. MM kan volgens regulasies in die Senaat nou weer later n stemming versoek.

Omder normale omstandighede sou senators Rand Paul en Mike Lee van die eerstes gewees het wat sou JA gestem het

PJC ·

Ja Lisaan soos in SA laat mense hulle maklik op sleeptou neem deur liberale en is dan agterna kastig vreeslik gekok as hulle die gevolge ervaar.

Therese van Schalkwyk ·

Die Demokrate, ‘n paar kortsigtige Republikeine en alle Trump-haters wêreldwyd is in die sewende hemel.
Hiérdie situasie gaan heel waarskynlik uitgerek en gemelk word totdat alle vorige dooiepunte oortref is. Donald Trump se administrasie mag ten alle koste nie toegelaat word om te slaag nie. Dit is tog heel duidelik reg van die begin.
Hoe bejammerenswaardig.

Pieter ·

Vir wat dit werd is ek stem 100% saam met President Trump.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.