Republikeine-hoofsweep se skieter was ‘eenkantmens’

Steve Scalise. Foto: AP Photo/J. Scott Applewhite, File

Die man wat Steve Scalise, die Republikeine se hoofsweep in die Amerikaanse kongres, tydens ʼn bofbaloefening geskiet het, was ʼn “eenkantmens” en het glo in ʼn bussie gewoon.

Scalise het Woensdag ná die skietery ʼn operasie in die Medstar Washington Hospital ondergaan en is in ʼn stabiele toestand.

James T. Hodgkinson het Scalise Woensdag in Alexandria, Virginië, geskiet voordat hy deur polisiebeamptes doodgeskiet is. Die skietery het plaasgevind tydens ’n oefening van die Republikeine in die kongres se bofbalspan.

James T. Hodgkinson

Volgens die owerhede het die 66-jarige Hodgkinson glo sedert Maart in ʼn bussie gebly. Hy het glo ook aanlyn sy griewe bekend gemaak oor pres. Donald Trump en die Republikeine.

Trump het Scalise as ʼn “ware vriend en patriot” beskryf en gesê sy gedagtes en gebede is by hom.

Hodgkinson het ʼn handwapen en jaggeweer by hom gehad en ondersoekers probeer tans om die geskiedenis van die wapens vas te stel.

Hodgkinson is verskeie keer geskiet nadat hy op die groep mense losgebrand het. Twee polisiebeamptes en twee omstanders is ook geskiet. Volgens berigte is meer as 20 skote gehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Maroela media.

Daar is baie meer oor hom bekend.

1) Hy was werker vir Bernie Sanders se verkiesings veldtog.
2) Hy was deel van die ‘Occupy’ beweging
3) Hy was lid van die ‘Democratic Party’
4) Hy het voor die skietery gevra of die mense op die veld ‘Democrats’ of ‘Republicans’ was.

Die artikel kon soveel beter gewees het.

jan van riebeeck ·

daar was meer as veertig skote geskiet net deur hom , volgens die artikel op Yahoo

chrisp ·

Kan mos nie wees nie! Liberales is mos liefdevol en leef en laat leef mense.

jaco ·

ongeag ras van slagoffer of polisie, word amerikaanse polisie wat n misdadiger doodskiet, nie van moord aangekla nie. daar word eerder n houding ingeneem van “jy het verkeerd gedoen en daarvoor gesoek dat ons op jou so skiet”. Dit moet hemels wees om in so n land met goeie wet en orde te woon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.