Republikeine neem senaat by Demokrate af

Argieffoto

Argieffoto

Kommentators is dit eens dat die Republikeine met minstens 52 setels na die senaat terugkeer na gister se midtermyn-verkiesing in die VSA.

Dit gaan pres. Barack Obama in die laaste twee jaar van sy finale termyn in ‘n baie moeilike posisie plaas en sal hy nou waarskynlik as ‘n sogenaamde “flou makou”-president bekend staan.

Hoewel net 36 van die 100 senaatsetels nou aan ‘n verkiesing onderwerp is, blyk dit dat die Republikeine genoeg gedoen het om deur die skrefie te glip om beheer oor die senaat te neem. Die algemene verwagting was dat die Republikeine sonder veel moeite die Huis van Verteenwoordigers sou behou.

Obama beleef ‘n laagtepunt in gewildheid, en kan selfs met die verwikkelinge in die Senaat in ‘n staat van beskuldiging vir magsmisbruik geplaas word.

Uit die uitslae tot dusver lyk dit of daar min veranderings onder die goewerneurs sal wees.

Bron: ANP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eugene ·

Yeah!!! #RedNationRising

My hoop is dat die Republikeine weer matigheid en verantwoordelikheid sal terugbring in die Amerikaanse Regering. Ek hoop hulle kom met meer werkbare oplossings vir buitelandse beleid, immigrasie en veilige grense (en ‘n meer gebalanseerde begroting).

Riaan ·

Help my asb in my onkunde. Is die Republikeine nou die “Regse” of “Behoudende” mense? Soos ons sal noem: “Konserwatiewes”. En die Demokrate nader aan die ANC-erige klomp?

herrie ·

Daar was tradisioneel groot oorvleueling, maar sedert Barack Obama president geword het, het die skeidslyn skerper geword. Die Christian Coalition het eers kandidate op eie meriete gekies om te ondersteun, ongeag hul party, maar sedeet Obama steun hulle net Republikeinse kandidate omdat Obama bv so sterk pro-aborsie (en partial birth abortion) is. Die erg konserwatiewe tea party het ook in die Republikeine nesgeskop, maar uiteindelik vir die Republikeine begin skade aanrig omdat sommige tea party-leiers werklik die kluts kwyt is. Die ou suidelike Demokrate wat meer konserwatief as die Republikeinse was, bestaan blykbaar nie meer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.