Reunion-wrakstukke is dié van vlug MH370

Die wrakstukke wat gevind is. Foto: Reunion 1ere via AP

Die wrakstukke wat gevind is. Foto: Reunion 1ere via AP

Die vliegtuigwrakstukke wat op Reunion-eiland in die Indiese Oseaan uitgespoel het, is dié van Malaysia Airlines se vermiste vlug MH370, het Maleisië se premier aangekondig.

“Vandag, 515 dae nadat die vliegtuig verdwyn het, is dit met ʼn swaar hart dat ek moet aankondig dat ʼn internasionale span van kenners onweerlegbaar bevestig het dat die vliegtuigwrakstukke wat op Reunion-eiland gevind is, dié van MH370 is,” het Najib Razak aangekondig.

“Ons het nou fisieke bewyse dat vlug MH370 tragies in die suidelike Indiese Oseaan tot ’n einde gekom het, soos ek op 24 Maart verlede jaar gesê het,” het Najib gesê. “Dit is inderdaad ’n reusedeurbraak in die verklaring van MH370 se verdwyning. Ons verwag en hoop dat daar nog voorwerpe opgespoor sal kan word om die raaisel te help oplos.”

Die vliegtuigwrakstukke het verlede week op Reunion-eiland begin uitspoel. Vlug MH370 het op 8 Maart 2014 met 239 mense aan boord verdwyn. Daar word vermoed dat die vliegtuig in die Indiese Oseaan naby Australië in die see gestort het. Die vliegtuig was van Kuala Lumpur na Beijing onderweg toe dit van die radar verdwyn het.

ʼn Grootskaalse onderwatersoektog in die maande ná die vliegtuig se verdwyning het tot dusver nog geen teken van die vliegtuig opgelewer nie.

Klik hier vir alle vorige berigte oor vlug MH370 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ra ·

Waar is die bewyse?…hulle smyt n klomp gemors neer by Reunion..waarvan daai stuk vlerk nie eers kan dryf nie..nou moet die wereld kastig glo dis vermiste vlug MH370…gaan kyk hoe lyk die oseaan as n soortgelyke vliegtuig neerstort…daar is duisende gemors wat dryf en nie kan sink nie….ek ruik n rot…google “Flight MH370 False Flag”….jammer …maar nie almal val vir daai een nie..

Francois ·

Ra. Jy is reg. Indien ‘n vliegtuig in die see neerstort, sal daar verskeie wrakstukke ronddryf . Die problem is egter dat jy moet weet waar die vliegtuig neergestort het. As jy weet waar Wally is, wat is die doel van “Find Wally”

Loeis ·

Nog twee vragies:
As die vliegtuig vanaf Kuala Lampur na Beijing op pad was, wat het dit naby Australie gemaak? Australie is heeltemaal uit die pad uit.
Die vliegtuig het net verdwyn. Sonder enige noodboodskap, sonder dat ‘n enkele reddingsboot of ‘lifejackets’ (vliegtuie moet hierdie he), gevind is? Daardie goed dryf, en sou verseker opgespoor kon word as hulle opgeblaas is, wat maklik en vinnig gebeur…

‘n Paar rotte stink. Mens wonder onwillekeurig of die vliegtuig se toerusting op standaard was. En of daar gemene spel kon wees.

Peet Schabort ·

Onteenseglik is gissinge die nek ingeslaan en berusting by families al is dit dalk net gedeeltelik.
Nou vir dit wat skeefgeloop het.

ig ·

Ra en Francois,alles op Google is nie altyd waar nie.Elke vliegtuig het n unieke Dna wat terug kan dui waar,wanneer en deur wie hy gebou is.

Canned Phantom ·

@ig. Ra en Francois wil net bietjie vent. Het geen idee wat eintlik aangaan nie. Hulle moet net ‘n bietjie gaan lees van die Rietbok wat in 1967 geval het. Self nadat hulle ‘n baie goeie idee gehad waar die wrak was kon hulle hom nie kry nie en dit in 60-70m diep water.

grain ·

Ai ou maroela julle suig ook altyd aan die agterspeen van die koei met nuus.

In watter hoender hemel lewe julle klomp.

BoereBikerBaby ·

Ek dink die vliegtuig is deel van die storie “Lost” …. daai vliegtuig is ook iewers op een of ander “geheime” eiland.

jacques ·

Ja ek het ook al geleer moenie alles glo wat mens lees nie,gaan kyk na verskillende plekke se nuus n mens is dan geskok om te sien hoe lieg nuus.Dink partykeer die hele lewe is een lieg storie,ek het darm nou al op baie verdraaide stories van die 2de wereld oorlog afgekom waarop ek belieg is op skool.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.