Reuse aardbewing skud Kalifornië

Grafika: USGS

Grafika: USGS

‘n Groot aardbewing van 6,9 op die momentmagnitudeskaal het pas die noorde van Kalifornië getref. Verskeie naskokke het ook reeds voorgekom.

Die skudding was op die bekende San Andreasfout, wat in die noorde van Kalifornië in die see is. Die episentrum was sowat 77 km wes van Ferndale. Dit was net minder as 400 kilometer noordwes van die hoofstad Sacramento.

Geen tsunami-waarskuwing is uitgereik nie, en volgens die plaaslike sjerif is geen berigte van skade nog ontvang nie. Die USGS het die kanse op groot naskokke van tot M5 as 90% gestel.

Die aardbewing het naby die plek voorgekom waar nog ‘n groot verskuiwingsvlak by die San Andreas aansluit.

Kalifornië is “agter skedule” vir ‘n baie groot aardbewing.

Die aardbewing kom presies 17 dae voor die 50ste herdenking van die groot Alaska-aardbewing van M9,2. Dit was die tweede grootste aardbewing wat nog ooit met instrumente gemeet is. Die Alaska-aardbewing het op ‘n voortsetting van die San Andreas voorgekom.

Intussen het die USGS bevestig dat die M5-aardbewing wat op November 2011 in Oklahoma voorgekom het, en wat veroorsaak is deur die terugpomp van vloeistof weens aardgasontginning, minder as ‘n dag later waarskynlik ‘n nog groter aardbewing van M5,7 gesneller het. Die USGS skryf die talle ligte aardbewings wat in Oklahoma en omgewing voorkom toe aan die terugpomp van afvalwater.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kas Viljoen ·

Nou wil Shell nog ons Karoo ook vernietig met gas ontginning

Slim Daan ·

Huh ??? O ja…vir n oomblik vergeet. 1+1=7! Vra groot om verskoning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.