Reusestorm peil op Texas af

Orkaan Harvey het in 2017 groot verwoesting in Houston, Texas gesaai. (Foto: AP Photo/Eric Gay)

Die tropiese storm Nicholas wat tans sterk na Texas in die VSA op pad is, kan moontlik in ’n orkaan ontaard nog vóór dit die kuslyn van hierdie suidelike deelstaat Maandagmiddag – Texas is sowat sewe ure agter Suid-Afrika – bereik.

Die nasionale orkaansentrum het Maandag gewaarsku dat dié orkaan grootskaalse kitsoorstromings  – veral in digbevolkte stedelike gebiede – tot gevolg kan hê.

Sterk winde van sowat 96 kilometer per uur kan ook verwag word.

Greg Abbot, Texas se goewerneur, het inwoners gemaan om gehoor aan waarskuwings en instruksies deur owerhede te gee.

Ook die burgemeester van Houston, Sylvester Turner, het inwoners aangemoedig om liefs tuis te bly.

“Ons verwag vanaand [Maandag] en môre [Dinsdag] swaar reën. Ek sal sterk aanbeveel dat julle vanaand van die paaie afbly.”

Orkaan Harvey het in 2017 groot verwoesting in dié stad gesaai.

Hoewel die deelstaat gereeld orkane ervaar, berig AFP dat klimaatsverandering tot magtiger orkane lei, wat die kusgemeenskappe toenemend bedreig.

Stygende seevlakke lei ook tot gereelde oorstromings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
George

Ai, die arme Amerikaners kry maar swaar. Sterkte.

Samuel

Dit is erg. Ek hoop en bid dat Suid-Afrika soiets gespaar bly.