Richard Branson ‘gelukkig om te leef’

Branson kort na die ongeluk.

Branson kort na die ongeluk.

Die Britse sakeman, sir Richard Branson, stigter van die Virgin Group, sê sy lewe het voor hom afgespeel nadat hy in ʼn ongeluk was met sy fiets.

Branson het in ʼn verklaring gesê hy het vroeër vandeesweek een aand saam met sy kinders gaan fietsry om te oefen vir ʼn wedren waaraan hulle binnekort deelneem. Volgens Branson het hulle teen ʼn heuwel afgery in die rigting van Leverick Bay op die Britse Maagde-eilande.

“Dit was skielik baie donker en ek het ʼn hobbel in die pad getref. Die volgende oomblik het ek oor die fiets se handvatsels gevlieg en my lewe het letterlik voor my oë afgespeel. Ek het regtig gedink ek gaan dood.

Branson op die herstelpad.

Branson op die herstelpad.

Ek het kop eerste in die rigting van die pad gevlieg, maar gelukkig het my wang en skouer eerste die pad getref. Ek het ʼn valhelm aangehad en dit het my lewe gered. My fiets is teen ʼn afgrond af en ons kon dit eers later opspoor. Dit is heeltemal verwoes.”

Volgens Branson is sy wang ernstig beseer en het hy ook beserings aan sy knie, ken en skouer opgedoen saam met verskeie snywonde. “Nadat ek geval en besef het ek leef, het ek my beweging begin toets. Ek kon regtig nie glo dat ek lewendig of minstens verlam was nie.”

Branson se assistent het kort hierna by die toneel opgedaag, waarna hulle hom huis toe gevat het. Hy is hierna na Miami geneem vir x-strale en skanderings. Hy het ʼn gekraakte wangbeen en geskeurde ligamente opgedoen.
Branson het na afloop van die voorval geskerts dat hy al verskeie kere amper met sy lewe geboet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Naomi Berger ·

Richard moet God se hand hierin sien. Hy was werklik gespaar. Amen

Helen ·

Stem saam met Naomi….Dank ons Skepper, want dis HY wat jou beskerm het Richard.

GVS ·

Hoop hy het geleer dat fietse nie meer deesdae op publieke paaie hoort nie, veral nie vir sport en ontspanning nie. Dit behoort verban te word, vir almal se veiligheid. Bly hy het dit oorleef.

Wat-ek-lees ·

GVS, wat ek lees het te doene met ‘n hobbel in die pad en nie met verkeer ens. Nou die heuwel af kan ook ‘n beton voetpad of fietspad wees. Onthou dat daardie lande ons so ‘n ietsie voor is met fiets- en voetganger paaie. Ek het in Amerika gesien dat ‘n ma haar babawaentjie op die sypaadjie stoot terwyl sy op ROLLERSKAATSE is !!

Robert Hanekom ·

Verskil van jou,vandat sommige motorvoertuigbestuurders nie meer konsidererend,defensief en op die uitkyk vir n potensiële ongeluk bestuur nie,is kondisies onveilig vir enige ander padgebruikers,waarvan motorfiets en fietsryers ongelukkig die ergste af gaan wees,maak nie saak of hulle hul bes probeer om sigbaar te wees en die padwette te onderhou nie!

johan ·

Fietsryers het net soveel reg op n openbare pad as n motor…lees weer sy berig..hulle het voorberei vir n wedren

M A ·

Ek as perderuiter het ook net soveel reg om op openbare paaie te ry soos motors, trokke en fietse. Maar ek is nie so heeltemal in die bol gepik om dit te doen nie.

Naas Vermaak ·

Nee wat GVS, ons verban sommer vir jou, jou tipe en alle motors van die pad af…lekker gesonde aarde en aardsgebruikers, jonk van gees ens ens ens

Mamparra ·

Ja nee, fietse betaal nie lisensie geld nie, hulle moet af.

N ·

Gert wat het tyd en geld darmee te doen. Of is jy een van daai mense wat geen simpatie het vir ander nie? Hy het by the way gewerk vir sy geld….baie tyd ingest of te wees waar hy vandag is. Partykeer is mense net plain lelik met enige iemand wat enige iets meer of minder as hulle het. Dis nie nodig nie.

·

Ek wil net seker maak ek verstaan jou korrek. Jy reken omdat hy baie geld het, het hy dus meer tyd om saam met sy kinders te spandeer en daarom het hy amper sy lewe verloor. Met ander woorde as hy nié so baie geld gehad het nie sou hy nié tyd gehad het om saam met sy kinders fiets te ry nie EN sou die ongeluk nie gebeur het nie?

Cherokee ·

‘Sy lewe voor hom gesien afspeel’… kaf! Ek was in vele ongelukke waaronder motorfiets, karongelukke en twee vliegtuigongelukke en daardie is ‘n Hansie en Grietjie-storie. Volksvertellings haak vas as gevolg van oorvertellings.

N ·

Ja ek was self al in n ernstige ongeluk…ek het niks sien afspeel nie ;)

KarooKlong ·

Ek het al gesien hoe lê ek rond as my ouma my gaan gryp. Sy het op haar dae vir die Polieste gestoei.

Cherokee ·

O ja ek onthou! Jou ouma was ‘n rofstoeier. Ook maar jou geluk sy het afgetree.

Cecily ·

Dit lyk mase seer ek het met motorfiets geval en weet hoe seer mens kan wees en kry en die skok daarna bly vir n baie lang tyd. Bly hyt nie iets baie ernstig oor gekom nie

Frans ·

Los dai speelgoed vir die jonges kry n rolstoel dis vuiliger

Marinda Pepler ·

Ek hoop nie as ek ooit ‘n ongeluk het of sterf verskyn my berig hier, sodat hierdie aaklige, aaklige mense agter skuilname snedige kommentaar daarop kan lewer nie. Ek dink nou al lank daaraan, en hoe om dit te verhoed, want dit is ‘n skreiende onreg, ook teen familie en geliefdes wat dit moet lees.

Ou Vlakvark ·

Beste Marinda,

Ek stem volhartig met jou saam. Ek herinner myself gereeld: die mens se brein is baie ingewikkeld. Baie bedrading, geheue, seinprosessering, bio-chemie, fisika, prosesse, DNS, hormone, virusse, kieme, bakterië, alles in een harde dop agter ‘n masker. En baie dinge kan verkeerd gaan.

Kan onreg, liefdeloosheid en donker motiewe uitdink. Kan ongeduld, haat, nyd, selfbejammering, eiebelang, drange, gierigheid en magsbeheptheid stoor. Kan die tong, pen in die hand of die vingers op die sleutelbord met inligting voer om wat te bereik?

Ergste is dat ek nie my medemens se motiewe kan lees nie. Die soogdierspesie mensdom maak ons varkerasiespesie bang. Gelukkig gaan die mensspesie homself deur oorbevolking uitwis.

Marinda Pepler ·

Dankie vir die sinvolle kommentaar Vlakvark, baie goed verwoord en keurig.

johan ·

Ekself het al geval opbn teerpad met my fiets dat byt tanne klap.
Ja..op so n blad is die mense onsimpatiek, die beste regters, beste beraders, beste van als en die beste van als ongenaakbaar.

Paar kommentate hier bo gelees…kommentare wat absoluut niks met die voorval te doen het nie ?

Akram ·

Genugtig. Ek moet net my stuiwer ook uiggooi. Ek was ook al in n paar ongelukke. En ek het ook gesien. Wel eintlik al wat ek gesien het was amper my allie……….lekker naweek.

Marika ·

Ek het – baie jare gelede toe ek nog jonk en nukkerig was – met ‘n gewone fiets geval op ‘n teerpad. ‘n Ander fietsryer het by ‘n vulstasie die afdraande af gevat en my dwars getref. Kyk mense – daardie teerpad is HARD. Ek het gerol dat ek dog ek gaan nooit ophou nie. Nogal daardie tyd so ‘n korterige rokkie aangehad. Punt van die storie is – hy was op ‘n renfiets en het les bes baie vinnig gery as hy besig was om te oefen. Hy het al my simpatie. Die mense wat oor sy rykdom praat – hy het gewerk daarvoor en hy het breins. Ten minste sit hy nie heeltyd in sy leuenstoel en lees die afgunstige kommentaar nie. Hy is baie fiks vir sy ouderdom. Dis harde werk – glo my – ek weet. Ek wens hom spoedige beterskap toe en ek bewonder hom.

Cherokee ·

Enige fotos? Van daai rol en rol en rol op die teerpad? Ag wys ons toe!

humor ·

Nico se kommentaar is die sinvolste en het betrekking. Maroela ek kan nie verstaan waarom julle kommentaar toelaat wat hoegenaamd niks met die saak temake het nie.

KarooKlong ·

humor,
Ek het nou lank gesit en dink oor jou kommentaar (waarop jy natuurlik geregtig is) en my beskeie mening en antwoord hierop is:
nie een van die lesers word verplig om die kommentare van ander te lees nie,
indien Maroela besluit om die kommentare wat lagwekkende humor bevat af te haal dan sal dit nie meer vir my lekker leesstof wees nie en ek glo vir baie ander lesers ook nie,
soms is daar van die (lagwekkende humor) kommentare wat vir iemand daar buite (in hierdie morbiede tye) net die regte medisyne is om die dag aan te pak, Maroela argiewe kan dit sekerlik getuig,
hoeveel spiertjies gebruik jy om te lag? en om te frons?
vriendelike Karoo groete.

sarie van heerden ·

In Europese ontwikkelde lande word voorsiening gemaak vir fietsryers en selfs stappers gewoonlik lan gs die motorwee. Baie mense ry ook fiets ongeag hul finansiele posisie omdat dit goeie oerening is. Hier by ons stap mense wat baie keer raakgery word wanneer hul in die pad van voertuie kom. Branson se ongeluk was ‘n frats ongeluk.

Marianne ·

Wys jou net!
Seerkry en die dood Kom op ALMAL ongeag Ras – Status – of Geloof se pad.
Hy het omtrent sy YOU KNOW WHAT los geval!
Gelukkig was Hy wys en het sy valhelm gedra.

Ruan ·

Ek het Na die olimpiale gekyk, selfs daar het wereld standaard atlete hul moses tee gekom. Of dit nou my 5 jarige niggie is wat van haar bike met training wheel af Val en of dit ‘n OLIMPIALE STER is wat met sy BMX val….
Ma se kinners jy skrik of jy beseer is of nie. Ek glo Mnr Branson het ook gehuil.
Shame ek hoop sy vrou het hom baie TLC gegee…. Hy kon dood gewees het!
My ma freak uit as ek ‘n krap merk of bloukol het.
Enige ongeluk is geen GRAP nie – al is dit skreeu snacks as jy iemand sien val!

Ronnie ·

Ruan, ek wil graag twee pakkies van jou skreeu snacks bestel. Of is dit net vir OLIMPIALE STERRE?

Ronnie ·

Om watter rede sou Maroela nie my kommentaar wou plaas nie? Dit was nie rassisties of een of ander vorm van haatspraak nie.

humor ·

Karooklong ek is nogal daarmee ingenome dat dit vir jou nodig was om so n gewigtige saak met alle erns lank te bejeen, maar in hierdie geval het dit niks met humor temake nie, maar met sinvolheid. Die arme rykman het baie seer en sal seker nie humorisme in die tyd van pyn en lyding geniet nie.

NICKEY VAN NIEKERK ·

Genade, ek dag die man het onder die Suid Afrikaanse ” learners” by die universiteite deur geloop………. toe het hy net van sy fiets ag gedons.

NICKEY

Cherokee ·

Jy’s reg Nickey…. hy’t van sy bicycle afgeval. Hey, net na ek uit die skool is was ek ‘n eppie bricklayer. Ons het ‘n kerktoring gebou en ek het oor die scaffle getree en verdiepings ver geval! Okay, veral oorlat ons van ‘n kerk praat, laat ek nie oordryf nie maar as ek reg onthou was dit ten minste twee verdiepings. Nou val hy van sy fiets af en die vroumnense in die forum wil hom vertroos! Vir wat? Ek het nie eens ‘n aspro gekry nie maar terug geklim en verder gewerk.

KarooKlong ·

Ek het daai kerktoring al gesien, so skewe toring daar onder in die straat.

Rena ·

Yeesh….party is so paranoia….of kannie lees nie!! Die mensdom gaan vooruit om grense te versit soos n kleuter….met die stampe, seerkry en foute!

E.K. ·

Grootste bewondering vir hierdie ou, hy is slim en suksesvol en is nie bang om nuwe dinge te probeer, het sy in die sakewereld of in sy privaatlewe. Hy sit nie net en muf maar doen dinge en is fiks en gesond, so waar kom party nou met hul onnosel opmerking van “sissie” uit? Tsk, tsk…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.