Rihanna skenk miljoene om Covid-19 te beveg

Rihanna (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)

Die “Umbrella”-sangeres Rihanna se niewinsgewende organisasie, die Clara Lionel-stigting, het meer as R88 miljoen geskenk om teen die wêreldwye Covid-19-pandemie te help veg.

Dié liefdadigheidsorganisasie het aangekondig instansies soos die Wêreldgesondheidsorganisasie se Covid-19-solidariteithulpfonds, die internasionale reddingskomitee, Feeding America en Partners in Health sal uit hierdie skenking voordeel trek.

Die geld sal onder meer gebruik word vir navorsing, om inentings en ander behandeling te ontwikkel, beskermende drag vir gesondheidswerkers aan te skaf en vir die onderhoud van hoësorgeenhede in hospitale.

Die Clara Lionel-stigting se amptelike webwerf skryf dat hulle ook gaan help met kosbanke wat hoërisiko-gemeenskappe in die VSA dien.

ʼn Gedeelte van die geld sal ook gebruik word om toets- en behandelingsentrums in Haiti en Malawi te verbeter.

Rihanna. (Foto: Invision/AP)

“Dit maak nie saak wie jy is of waar jy vandaan kom nie, hierdie pandemie raak ons almal. En vir die wêreld se kwesbaarste mense is die slegste dalk nog in sig,” lui ʼn verklaring van die stigting.

“Om ons gesondheidswerkers en kwesbare gemeenskappe te beskerm, moet ons inspring. Die tyd om daadwerklik op te tree, is nou.”

Rihanna het dié organisasie in 2012 gestig om haar grootouers, Clara en Lionel Braithwaite, te vereer. Ander bekendes soos Ryan Reynolds en Blake Lively, Russel Wilson, Ciara en Donatella Versace het ook al bydraes gelewer om Covid-19 te beveg.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Mauritz ·

Dit is seker nuuswaardig dat Rihanna (of haar liefdadigheidsorganisasie) miljoene geskenk het om te help in die stryd teen Covid-19. Ek sien egter in pres Ramaphosa se toespraak dat hy die Rupert en Oppenheimer families bedank omdat elkeen R1 triljoen (is dit die korrekte vertaling van R1 billion?) beloof het. Nog niks daarvan in Maroela Media gelees nie. Of het ek dit dalk misgekyk?

Faraway ·

Leer die Bybel ons nie dat jy jou loon weg het as jou een hand weet wat die ander hand doen nie. . .

twaalfboor ·

Mat 6:3 sê “maar jy wat liefdadigheid doen, laat jou linker hand nie weet wat jou regter hand doen nie”. Ek weet nie waar staan dit dat jy jou loon weg het nie.

Smurf ·

Ja , en Malemma sal heelvoor in die ry indruk om te skep van die Oppenheimers wat hy so beledig.

Nancy ·

Ai tog,dit gaan nie oor wie sy wil beindruk nie. Dit gaan oor lewe en dood.Lyk my jy sien nie die erens van die saak,ten minste help sy,wat doen jy?

Dries ·

So dink jy die Ruperts en Oppenheimers probeer ook net om iemand te beindruk?

Erik ·

Ek kan julle belowe sy probeer nie een van julle beïndruk nie. Die mediadekking is goed, want dalk volg ander in haar voetspore en alle hulp is nodig. Kan nie glo daar is wragtig mense wat die negatiewe beklemtoon op so ‘n artikel nie.

Bugsby ·

Ek stem 100% saam, sy weet dalk nie eers self dat haar liefdadigheidsorganisasie hierdie bydrae gemaak het nie. Die mense het mos ander mense wat sorg vir hulle donasies ens. Indien sy aktief bedrywig is in haar organisasie wil ek net sê “well done Rihanna” hoop ander sal jou volg en help met hierdie uiterse belangrike navorsing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.