Ring skitter tot in rekordboek

Die ring het meer as 12 000 diamantjies. (Foto: Renani Jewels/AFP)

ʼn Blomvormige ring met meer as 12 000 klein diamantjies het die Guinness-wêreldrekord verbeter.

Die ring genaamd “The Marigold – The Ring of Prosperity”, is deur Renani Jewels in Indië ontwerp en vervaardig. Daar is altesaam 12 638 klein diamantjies in die ring wat net meer as 165 gram weeg.

“Dit kan gedra word en is gemaklik,” sê Harish Bansal (25) oor sy droomprojek.

Hy het twee jaar gelede daaraan begin werk terwyl hy nog juweliersontwerp studeer het.

“My doelwit was nog altyd meer as 10 000 diamante. Talle ontwerpe en konsepte het oor die jare in die asblik beland.”

Elke blaartjie van die ring se blomontwerp van agt lae, is uniek. Daar is egter in die stadium nie planne om die ring te verkoop nie, hoewel ʼn paar voornemende kopers reeds van hulle laat hoor het.

(Foto: Renani Jewels/AFP)

“Dit gaan vir ons oor trots. Dit is van onskatbare waarde.”

Die vorige Guinness-wêreldrekord vir die ring met die meeste diamante is ook in Indië opgestel. Dié ring het 7 801 klein diamantjies ingehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
minniemuis

Spring daai gesegde in my boek van al dra n aap n goue ring ……vrek lelike duur ring

Blomme

Ek sou kon doen met ń Mil… Agga dai ring!!

Debbie

Wie op aarde in vandag se lewe sal ooit do iets kan bekostig en ek dink dit is n lelike ring

Maggies

Wie sal so ring wil dra? Ai, smaak verskil gelukkig baie.

DieKriek

Voeg maar nog 10 000 diamante by, dit bly onooglik.