Rob fnuik ‘dwelmhandelaars’ se planne

Foto verskaf deur die polisie in Wes-Australië

ʼn Reusagtige rob het gehelp om ʼn internasionale dwelmsindikaat in Australië te kelder toe hy twee mans verhoed het om van polisiebeamptes te vlug.

Polisiebeamptes het beslag gelê op dwelmmiddels ter waarde van ongeveer AUS$1 miljard (meer as R10 miljard) op Burton Island aan die weste van Australië ná ʼn seiljag gestrand het en verlate gelaat is, aldus plaaslike media.

Die Australiese polisie het na die toneel gehaas en twee verdagtes het na ʼn roeiboot gehardloop waarmee hulle wou wegkom. Hulle het egter die rob teëgekom wat hul lot bepaal het.

“Die mans het die rob wakker laat skrik en hy het opgespring en op hulle geblaas,” het Damien Healy, adjunkbevelvoerder van die Vrywilligers Marienereddingsdiens, aan Australië se ABC Radio gesê. “Die ouens het basies ʼn keuse gehad om die rob teen te staan of in hegtenis geneem te word en hulle het inhegtenisneming gekies.”

Graham Palmer (34) van Engeland en Antoine Dicenta (51) van Frankryk is na bewering met meer as ʼn ton metamfetamien, kokaïen en ecstacy betrap. Die dwelmmiddels is in dosyne sakke verpak wat hulle onder seewier wou versteek. Nog drie mans is aangekeer. Hulle aansoek om borgtog is afgekeur.

Chris Dawson, polisiekommissaris van Wes-Australië, het gesê ʼn groot internasionale dwelmsindikaat is oopgevlek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Magda ·

Dit is no uuitstekende werk – wens ons het sulke op en wakker wets manne gehad hier in Suid Afrika.

bosluis ·

Ja kyk, selfs die robbe in Australië is meer op en wakker as ons wetstoepassers

Cherokee ·

Ja, Australië was toeka se jare ‘n tronk. Daar is steeds hope kroeks daar. Dankie tog om in ‘n wetsgehoorsame land soos Suid Afrika te woon.

Alex ·

Lyk my ons moet robbe opgradeer na polisie beamptes toe. Maak daardie een sommer generaal of kommissaris. Hie hie

Willehond ·

Offer hom n joppie in die polisie hier by ons! Ten minste het hy nie net gemonitor nie!

Janine ·

Rob robbing the robbers of their freedom…lag my boude af….

Nou-toe-nou ·

Ek merk aansoek om borgtog is afgekeur. Wat ‘n vreemde verskynsel!

schaun ·

Stel die rob aan as hoof van SA polisie ,hy doen immers meer as die huidige een.

Johan ·

Lyk my Aus nou die nuwe deurgangs punt vir dwelms dit is die derde grrot fonds in n kort tydjie so alles tog nie so rooskleurig in die land nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.