Robert en Grace Mugabe gepos

Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

Pres. Robert Mugabe en sy vrou, Grace, is Sondag die trekpas gegee. Die regerende Zanu-PF het Mugabe van sy pligte as president van die party onthef.

ʼn Anonieme bron wat die regerende party, Zanu PF, se komiteevergadering Sondagoggend bygewoon het, het dié nuus aan die nuusdiens Reuters bevestig. Drie ander leiers binne die regerende party het ook die nuus bevestig.

Emmerson Mnangagwa, die voormalige adjunkpresident wat onlangs die trekpas gekry het, is as president van die party aangestel.

“Mnangagwa is ons nuwe leier,” het die bron gesê.

Christopher Mutsvangwa, leier van die Zimbabwiese oorlogsveterane, het vroeër Sondag gedreig om die skare op pres. Robert Mugabe “los te laat” as hy nié besluit om te bedank nie.

Die 93-jarige Mugabe se vrou, Grace, is volgens berigte ook van haar rol as leier van die Zanu-PF se vroueliga onthef.

Meer inligting was nie onmiddellik beskikbaar nie.

Bykomende bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Ig Verwey ·

Wat is die kans dat Mnangagwa erger gaan wees as Mugabe? Ons is só anti-Mugabe dat ons nie dink wat kan dalk verder gebeur, of nie gebeur nie. Kan iemand ons dalk meer inligting hieroor gee?

Penellope Jones ·

Ek het ook nogal daaraan gedink.
Mens weet wat jy het, maar jy weet nie wat jy gaan kry nie.
Dit kan dalk afhang van die verhouding tussen Zuma en Mnangagwa……..

Selfde ·

Dis dieselfde met hierdie zuma malema storie. Malema geniet groot steun onder die gepupel omdat hy homself voordoen as die “held” wat SA van zuma gaan verlos

[email protected] ·

Mnangwagwa is algemmen as die krokodil bekend en was as min van sttatsekuriteit verantwoordelik vir die slagting in Mtabeland.

Hy is n redelik goed geleerde man. Ek glo hy sal besef dit kan nie op die ou paaie voortgaan nie.

Dalkk is n pragmaties genoeg om die land te lei. Sy geskiedenis is egter donker.

LMF ·

Wow en kyk hoe happy is Mugabe en grassie (or not) hahahahaha ek kan net hoop en glo dat dit nou n beter lewe aan daai mense sal gee. Ek is gebore in die ou Rhodesia en op 5 dae oud kaap toe maar nooit die begeerte gehad om te gaan kyk hoe lyk dit daar nie okki nou nie

LMF ·

Ek het baie tyd vir die Rhodesiers. Dis harde mense wat weet wat dit verg om te val en weer op te staan en om na groot verlies positief te bly. Sou dalk ‘n goeie ding gewees het om na jou geboorte land te gaan kyk – Was eens so n mooi land vol belofte. n Besoek sou mens help om geestelik voor te berei vir wat hier gaan gebeur. Sal mens dalk ook help om te besluit of jy jou kruis by ja of nee trek as jy eendag weer die kans kry.

Piet Pompies ·

Soos wat verneem word gaan Mugabe en sy vrou hulself in SA vestig nadat hy die land wat hy met ‘n yster hand regeer het in die as lê. Hy is nie welkom hier omdat die optrede van hom en sy familie ‘n verleentheid is. Die wêreldhof moet hom aankla vir geweld en misdaad teenoor die mesn sodat hy en sy vrou die straf kry wat hulle verdien.

JC Nel ·

“At long last”
Hopenlik gaan dit nou beter!
Sterkte vir Zim mense – kom volgende jaar vir julle kuier!

Nou toe nou ·

Lekker lag oom Bob en sy anti vir almal: 2 litle 2 late!

Nico ·

Verwey ek het ook dieselfde vraag gevra. Ek wil egter dir ANC vra vat ‘n blaai uit ZANU-PF se boek en doen dieselfde met Zupta en sy trawante!

Anri ·

Die nie noodwendig Zim mense wat moor en roof nie. Ons eie mense doen dit ook.

John ·

Die woestyn is groot en ons is lank nog nie daaruit nie en dan is die woesterny ok nog in Afrika… Hoekom moet Mogabe en al sy burgers hier kom plak?… Het hulle nie genoeg geld vir ‘n rubberbootjie na Brittanje nie… na die ‘wat so hard gesing het, ‘Bob’s my guy’ en Smith vir die wolwe gegooi het?

Martin News ·

Dieselfde weermag :
wat Bob 37 jaar help moor, intimideer,roof ,plase vat, ekonomie vernietig het om hulle eie diamant en ander belange te kon beskerm…is steeds in beheer.

Baai ou bob. ·

Hy verdien baie erger, maar kom ons braai. Wag al lank vir die dag.

Koos ·

Hulle verstaan nie demokrasie nie. Net vrees. Hoekom moes die weermag eers ingryp?

Alida ·

Nou sal ons net moet sien of hy uit sy eie as president van Zimbabwe gaan bedank. Hy het blykbaar tot 12 uur moremiddag.

Willem Frost ·

Sal naïef wees om te verwag dat dinge sommer gou beter sal gaan. Die spul noe in beheer is ook maar “bad news”. Kom ons hoop maar net dat Zuma en die Guptas se dag ook gou sal kom.

Ben ·

Hoop net nie dit gaan jare neem om hom uit sy kussings te lig!

Rina Kotze ·

Mugabe Kom te lig daarvan af!
Kom ons kyk maar wat gebeur!

Rina Kotze ·

Mugabe Kom te lig daarvan af!
Kom ons kyk maar wat gebeur!

HK ·

En so draai die wiel….stadig maar hy draai! Ons kan net hoop he vir ons land. Dis nou anper daar. Byt vas, staan sterk, ons tyd kom vir n vrye en waarlik regverdige land. Tyding is besig om in SA ook te draai. Hou moed!

Tanya Crouse ·

Die “staatsgreep” is darem vreedsaam en geen geweld word waargeneem nie. Dankie Here daarvoor. Robert en Grace moet net nie na Suid Afrika toe kom nie want hulle sal hier “stir” en gemoedere kom opjaag.

andrea van vuren ·

Hulle kom seker in Nkandla bly. Ons gaan vir die geriewe betaal.

E.K. die eerste ·

Al wat ek kan sê si dat die wiel draai…stadig maaar seker. Maar draai, die draai hy! Oral.

Alida ·

Wel die ou man het ook nie meer baie jare oor nie dus sal hy nie baie lank in SA wees nie. Sy swierige vroutjie aan die ander kant sal dit nie in SA waag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.