Robert Mugabe ‘het twee opsies’

Emmerson Mnangagwa. Foto: ANA

Emmerson Mnangagwa, die voormalige adjunkpresident van Zimbabwe wat onlangs die trekpas gegee is, het in ʼn verklaring gesê hy het pres. Robert Mugabe (93) gebel en ingelig Mugabe het twee opsies oor.

Volgens Mnangagwa kan Mugabe saam met die weermag werk en uittree, of die gramskap van sy landgenote ervaar.

Miljoene Zimbabwiërs het oor die naweek in hul tuisland en die buiteland in verskeie stede byeengekom om daarop aan te dring dat die verouderde leier ná 37 jaar aan bewind moet uittree.

“In my gesprek met die president het ek aan hom die twee opsies verduidelik. As hy saam met die weermag werk kan ʼn vreedsame oplossing vir die krisis gevind word en sy nalatenskap behou word,” lui sy verklaring.

“As hy aanhou vasklou, teen die wil van die bevolking in, sal hy verneder word.”

Mnangagwa het gesê Mugabe het hom versoek om na die presidensiële ampswoning te gaan, waarop hy geantwoord het dat hy in die buiteland is. Mnangagwa het gesê hy sal slegs na Zimbabwe terugkeer op versoek van sy kollegas in die Zanu-PF, mits hulle deur die weermag hom kan verseker dat dit vir hom veilig is.

Zanu-PF het Mugabe Sondagmiddag minder as 24 uur gegee het om as president te bedank. Hy het nie daaraan gehoor gegee nie en die party het aangedui hy gaan met stappe begin om hom in ʼn staat van beskuldiging te plaas.

Die party het Mugabe van sy pligte as president van die party onthef en sy vrou, Grace, is ook van haar rol as leier van die Zanu-PF se vroueliga onthef.

Lees meer oor Zimbabwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan Momberg ·

Daar gaan nie n verskil wees na die Mugabe era nie. Zanu PF is steeds aan bewind. Dit gaan maar net n ander een wees wat sy sakke gaan vul.

Johann ·

Wha wha wha…trla la la…welkom in Afrika. Waar n selfaangewese magsvergryper en massa moordenaar kan onderhandel oor of en hoe hy van sy vergrype moet rekenskap gee.

JZ ·

Hy sal seker heronplooi word om verder te vernietig daarom gee hulle hom n kans om te kies .Dit is Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.